Desember 2014


Uitgawe 16

Die laaste maand van 2014 het aangebreek en ons is almal ouer! Weereens staan ek in verwondering oor hoe ons Hemelse Vader Kronendal gedurende die afgelope jaar so onderhou het. Ons het Krone verloor, maar ons het ook nuwe Krone bygekry. Ek weet dat die Krone wat ons deur die dood verloor het, veilig rus in Jesus se arms en my wens is dat ons nuwe Krone ‘n wonderlike verblyf hier by ons beleef. 

 Ek wens elke Kroon ‘n baie Geseënde Kersfees toe. Mag elke Kroon ook ‘n gesonde en gelukkige Nuwe Jaar beleef. Aan die Bestuurder en personeel, namens al die Krone sê ons baie dankie vir ‘n jaar se getroue harde werk. Mag julle ook saam met jul gesinne ‘n wonderlike Feesgety beleef. 

Groetnis

Redaktrise (Wanie)

Algemene Nuus

Ons neem afskeid van ons geliefde Matrone – Saar

          

      Saar saam met haar twee dogters         Saar saam met haar span Verpleegkundiges              Totsiens Matrone Saar 

Matrone Saar – wat kan ek sê, die einde van ‘n era. Nie ‘n ge-wone era nie, maar ‘n engel-era. Ja hierdie Florence Night-ingale het daagliks deur Kronendal gewandel en in-woners aangeraak. Nou gaan sy ook rus saam met haar eg-genoot, maar sy moet oppas ek neem hulle sommer op hier in ‘n eenheid!

Saar is een van ‘n tweeling. Sy en haar broer is baie geheg aan mekaar. Haar ouers het dit goed gedink om hulle aan die begin van std 9 te skei en sy het op Koppies matrikuleer terwyl haar broer op Heilbron moes matrikuleer.

Saar en haar man het 3 kinders en 4 kleinkinders. Ouma Saar is baie betrokke by haar klienkind-ers se skoolopleiding.

Saar het op 1 Desember 1977 hier by Kronendal begin. Daardie dae is terminale mense van buite opgeneem sodat die Versorgingseenheid kon begin funksioneer. Dit het later uitgefasseer om plek te maak vir die permanente inwoners.

Vir Saar was dit ‘n ongelooflike voorreg om by Kronendal te werk. Sy het baie wyshede by inwoners geleer. Elke inwoner het verskillende maniere om probleme op te los. Sy kan net lag vir al die snaakshede wat al hier plaasgevind het. Sy onthou veral toe die Shera-ton Hotel se fondasies gegrawe is, het dit vir haar gevoel of die grond onder haar voete uitgevat word. ‘n Inwoner het egter vir haar gesê “Progress my dear, pro-gress!”

Personeel met verskillende riglyne het haar pad gekruis en sy kon soveel van almal leer.

Saar, mag jy in vrede en gesondheid jou aftrede ge-niet!

Allerlei Stories, Feite en Geite

Die Kersie-toer
Susan Boshoff, Elsie van Pletzen, Frances Coetsee, Quini Myburgh, Rina Verster en Nico van Zyl
(voor)het onlangs die kersie-toer na Ficksburg meegemaak. As ek die ding so bekyk, kon dit vir Nico ‘n jolige tyd gewees het. Hulle het 4 nagte by Fouriesburg oornag en vandaar hul dag-besoekpunte aangedurf. Hoog-tepunte was besoeke aan die kersieplaas, Lesotho, die Katzi-dam, Clarens en Golden Gate.


Die Mopspan

Karin, Priscil-la, Christina en Tina toets hulle nuwe klere uit. Dit het blykbaar batterye in wat gelaai word so-dat hulle vinniger kan werk. Teen Vrydae-middae is die batterye gewoonlik gedaan! 


Ronnie Anderson op sy pos. 

Hierdie werk kan hy baie goed doen en gewoon- lik ,letterlik en figuurlik, baie hard! Intussen het Ronnie se hart weer ‘n bietjie moles gemaak en moes hy nog ‘n stent kry.


Tannie Bennie. 

Ron-nie het kantoor toe geskakel en homself uitgenooi vir tee. Oumies het ingestem op voorwaarde dat hy sy lip-stiffie aansit. Wat kry ons toe? Tannie Bennie, mooi aangetrek maar met tekkies en sokkies!

Mooi wense van Mariet Steyn

Soos groente en vrugte is ons in die Allerhoogste se tuin: 

Pampoen, moenie Komkommer nie en sing ‘n Litchi vir ons Heer! Jy is sy Uie kind, sy oog-Appel! Laat jou Kersie vir Hom brand, want so by my Kool, Ons Heer sal jou op-Raap en jou bewaar, al is jou naam Pieter of Sielie; Hy sal nooit Rissie, in Sy arms het Hy jou Beet, Met Sy liefde be-Arbei Hy jou! Is jy soms hare Koejawel, sal Hy jou nie uit Sy hart Skorsie, Daar is jy vir altyd inge-Wortel!


GEOGRAFIESE OUDERDOM VAN ‘N VROU

  • Van 10 tot 20 is sy soos Afrika – pas besig om wakker te word, met baie plekke waaraan nog nie geraak is nie. 
  • Van 20 tot 30 is sy soos Asië – wild en warm 
  • Van 30 tot 40 is sy soos Ameri-ka – goed ontwikkel met baie ondervinding 
  •  Van 40 tot 50 is sy soos Kanada – hooghartig en koud
  • Van 60 tot 70 is dit net brille en pille. 
  • Van 70 tot 80 is dit net gedagtes en klagtes. 

Humor/Humour

About growing older ……

  • I am retired I was tired yesterday, and I’m tired again today.
  • We got married for better or worse He couldn’t do better, I couldn’t do any worse.
  • Eventually you will reach a point At my age  everything I buy comes with a lifetime guaran-tee! The shortest sentence is “I am”, the longest is “I do” 

  • Don’t worry about tomorrow! After all, today is the tomor-row you worried about yester-day.
  • I was always taught to re-spect my elders Now I don’t have anyone to respect. 
  • Goodbye tension! Hello pen-sion. 
  • Sometimes I wake up grumpy- –and some days I let him sleep.

  • Be nice to your children, they will choose your nursing home. 
  • At my age flowers scare me

Lag ‘n stukkie saam met ons Hemelse Vader.

Die “kinnerkies” sal jou help om die oumense te verdra.

Kindertjies sing dikwels sonder dat hulle die vaagste benul het waaroor hulle sing – elke vergissinkie is kostelik in sy onskuld:

  1. ‘ n Dominee vertel dat sy se-untjie altyd gesing het: “Prys die Heer met blye galme, O my siel daar ruik ek stof.” 
  2. Die vrou het eers toe sy groot is agtergekom waarom haar pa voor ete gebid het: “Voete kos ‘n sjieling” (Voed ook onse sie-le). “Die Heer is God, erken dat Hy ‘n eiervolk vir Hom berei…” “Onse Vader wat in die heining woon.”
  3. “Loof Hom met die tromme, loof Hom met die harp, loof Hom met die stukkende sandale.” 
  4. In die Kinderkrans was ‘n dogtertjie wat baie mooi hard en duidelik gesing het: “Loof hom met die tromme, loof Hom met die hark.” 
  5.  Pleks van “Hy berei vir my ‘n vreugdefees” het sy met dieselfde dankbaarheid ges-ing: “Hy berei vir my ‘n vrug-tefees.” 
  6.  ‘n Afrikaanse kind wat die Onse Vader in Engels moes opsê: “Our Father who shouts from heaven, Hallo what is your name.” En toe hy kom by “give us this day our daily bread,” was sy weergawe: “Give us this day our day in bed.” 
  7. In plaas van “Op berge en in dale” sing die seuntjie: “Oom Bêrend dra sandale!”

Ek glo ons Hemelse Vader luister met ‘n glimlag van deernis na hierdie liedjies en ook kindergebedjies wat soms snaaks kan wees. Dis nou te sê as Hy nie hardop lag nie.

Basic Rules of Thea Zimmerman

  • If you open it – Close it
  • If you turn it on – turn it off
  • If you unlock it – lock it
  • If you borrow it – return it
  • If you use it – take care of it

  • If you make a mess – clean it up
  • If you move it put it back
  • If you break it – repair it
  • If you cant fix it – call some one else who can

  • If it belongs to someone else – get permission to use it
  • If you don’t know how to operate it – leave it alone
  • If it doesn’t concern you – dont mess with it

Verwelkomings

Totsiens

Sterftes 

Alida König 3ABC 

Babs Niemand 6HJ

Matrone Saar

Ben Pieters 1W 

Catherina Kempff 1J

Desember Verjaarsdae

3 Pieter Hamman 901

6 Alit de Jongh 3T

8 Lina Heunis 9E

11 Allda le Roux 1Q

11 Gustav Pfeil 1001

12 Anne Rogers 701

13 Thea vd Dussen 7SU 

13 Rudi Urtel 8Y 

14 Francis Coetsee 8RT 

16 Jane Oosthuizen 2X 

19 Cora von Bratt 10 I 

23 Bets Faure 5G

25 Emsie Maartens 4V 

25 Anna vd Venter 7OQ 

26 Maudie Grove 2 O 

26 Coralie Lumlie 6ABC 

29 Mientjie Deale 8XZ 

31 Santie Tavares Per-soneel

Allerlei

  • Desember 2014 Reenval – 100mm oor 15 dae – Sedert 2006 was die hoogste 177mm – Die laagste 57mm in 2007 – Verskaf deur Aat van der Dussen
  • Twee mense is nodig om die waarheid te praat—een om dit te sê, en een om dit te hoor – Henry David Thoreau
  • Wanneer jy nie weet wat om te sê nie, gebruik die minste, sagste woorde – August W. Hare