Januarie 2015


Uitgawe 17

Met ‘n heerlike tuisbly-vakansie agter die rug, begin ek 2015 darem weer vol moed. Ek hoop al ons Krone kon hul familie in hierdie Feesgety sien en gelukkig saam verkeer.

Ek vertrou elke Kroon en elke personeellid gaan 2015 in met die wete dat God elke dag en elke nag oor ons waak en ons bewaar. Wees dus weereens verseker van die genade wat ons in Sy oorvloed ontvang.

Ek het hierdie kinderlike wense van Lorein Winter ontvang: Maggie bykies vadag vi jille jining gee as jille ga eet. Maggie engilkies jille kielie as jille harkie seer is, en maggi foolkies vi jille jeeldag liekies sing tiwyl jille werk!

Groetnis

Redaktrise (Wanie)

Algemene Nuus


Bo: Babs Streicher

Babs is gebore op die plaas Kromdraai naby Leandra, vroeër Lesley. 

Hier het sy grootgeword en op Delmas haar skoolloopbaan voltooi. 

In 1948 is sy getroud met ‘n boer, Danie. Op die plaas Moedverlore het hulle ‘n gemengde boerdery beoefen. 

Hulle het 3 dogters en 1 seun, 5 klein kinders en 1 agterkleinkind. 

Met aftrede het hulle in 1991 na Kronendal verhuis. 

Danie is egter 9 jaar terug oorlede en sy is nog steeds ‘n gelukkige Kroon.


Bo: Babs Lemmer: 

Babs was ‘n nooi Kennedy. Sy is gebore in Springbok in Namakwaland en het op Garies gematrikuleer. Dit is vandaar dat sy blommeprag so kan waardeer want sy is deeglik bewus van die feit dat die blomme in daardie woestynagtige deel selfs op klippe kan groei. Sy het aan die Opleidingskollege op Stellenbosch studeer en was ‘n laerskool onderwyseres. Sy het later na haar familie in Pretoria verhuis en die-selfde dag toe sy daar aangekom het, het sy vir Lood Lemmer by haar broer ontmoet. Hy het haar voete skoon onder haar uitgeslaan en hulle is ‘n jaar daarna getroud. Hulle het 2 dogters en 7 kleinkind-ers. Babs is van 1/3/2007 ‘n geluk-kige Kroon.


Bo: Babs (Violet) Niemand 

Babs is een van ons nuutste in-woners. Sy is altyd deur haar familie “Baby” genoem maar haar man het haar Babs begin noem. 

Sy is gebore in Hartebeespoort waar haar pa die voorman was met die bou van die dam. Sy het skool klaar gemaak op Honeydew en is getroud op 13 Desem-ber 1947. 

Uit die huwelik is 3 kinders gebore en daar is nou 5 kleinkinders.

 Toe Babs 59 was, het sy haar man verloor. Sy het so pas vanaf ‘n aftree-oord in Nelspruit na Kronendal verhuis. Ons hoop sy gaan vir lank ‘n Kroon bly.

Allerlei Stories, Feite en Geite

Why like retirement?

  1. How many days in a week? 6 Saturdays, 1 Sunday
  2. When is a retiree’s bedtime? Two hours after he falls asleep on the couch
  3. How many retirees to change a light bulb? Only one, but it might take all day
  4. Why don’t retirees mind being called seniors? The term comes with a 10% discount
  5. Why do retirees count pen-nies? They are the only ones who have the time
  6. What do retirees call a long lunch? Normal
  7. What’s the biggest gripe of retirees? There is not enough time to get everything done.
  8. What is the best way to de-scribe retirement? The never ending Coffee Break
  9. What’s the biggest advantage of going back to school as a retiree? If you cut classes, no one calls your parents
  10. What do a retiree do all week? Monday through Friday, NOTHING……..Saturday & Sun-day, they rest

Wat is ‘n Pa?

  1. Pa’s werk baie hard en het baie papiergeld. 
  2. Pa’s hou baie van Teevee kyk op Saterdag.
  3. Pa’s wil slaap op Sondag. Pa’s maak braaivlys vir kos en is sterk en sê hulle is die baas.
  4. Pa’s het visstokke, grawe en baie ander goed in die graatse en hulle vee nie uit en stof af nie.
  5. Pa’s lees as hulle kamerverlaat. Pa’s hou van die tannies wat nie geld het vir klere nie en wat net kosjums dra.
  6. Pa’s gee hart pak as ma’s so sê.
  7. Pa’s gaan op vakansie en vat ma’s en kinners aaltyd saam. Hulle krap hille gesigte skoon want dit word vol hare as hulle slaap.
  8. Pa’s werk altyd as kinders iets wil doen, en het baie werk vir kinders.
  9. Pa’s is kwaai maar hille is bang vir ma’s. 

Liefdes op aarde?

Wat is ‘n ma?

‘n Ma is ‘n drukkie-mens, ‘n soentjie-mens en ek-is-lief-vir-jou-mens Jou ma is ‘n koningin wat jou soos ‘n slaaf bedien. Wees lief vir haar—gee haar aandag. 

Wat is ‘n pa?

‘n Pa is ‘n jy-was-stout-mens, ek -gaan-jou-straf-mens, want ek-het-jou-lief-mens Jou pa is ‘n koning wat soos ‘n slaaf vir jou werk. Wees lief vir hom—gee hom ‘n druk.

Wat is ‘n broer?

Hy is ‘n gee-terug-my-goed-mens want-ek-gaan-jou-klap-mens, want jy-is-my-maat-mens. Jou broer is soos ‘n prins. Hy sal jou altyd red. Gee hom ‘n soen. 

Wat is ‘n suster?

‘n Suster is ‘n klikbek-mens, ‘n toemaar-troos-mens, maar ook ‘n vriendin-mens. Jou suster is soos ‘n prinses. Sy sal jou altyd bystaan. Gee haar ‘n roos.

Wat is ‘n vriendin?

‘n Pragtige mens wat jy baie na aan jou hart dra, ‘n vriendin- en deel- mens, ‘n luister-mens maar ook ‘n seermaak-mens. Jou vriendin is soos ‘n roos, gee haar gereeld water, koester daardie vrienskap.  

Wat is ‘n Kroon van Kronendal? 

Jy is ‘pragtige mens, ‘n liefde-mens en ek-kan-alles-doen-mens, ‘n ek-is-hartseer-mens en ek-is-bly-mens. Jy is ‘n Spesiale mens. Baklei dikwels onnodig met jouself en kla onnodig oor jouself—gee jouself ‘n klap en ‘n soen! 

Wat is God?

God is sonder wie ons nie kan of wil lewe nie. God is Hy wat ons anker in die lewe is. God is liefde.

Humor/Humour

About growing older ……

WORRIED YOUR PENSION WILL RUN SHORT?

So you’re a sick senior citizen and the government says there is no nursing home available for you- What do you do?

SENIOR HEALTH CARE SOLUTION

Our Plan gives anyone 65 years or older a gun and bullets. You are allowed to shoot 2MPs and 2 illegal immigrants!

Of course, this means you will be sent to prison.

Where you will get 3 meals a day, a roof over your head, central heating, air conditioning and all the health care you need!

New teeth? – no problem. 

Need glasses? – Great.

New hip, knees, kidney, lungs, heart? All covered. (And your kids can come and visit you as often as do know.) 

And who will be paying for all of this?

The same government that just told you that they can-not afford for you to go into a home.

Plus, because you are a prisoner, You don’t have to pay income tax anymore.

Is this a great country or what?

No wonder the rest of the world’s population cannot get here fast enough!


Gedagtes van ‘n Kroon

Weet jy, toe ek vanoggend wakker word, toe vra ek myself die vraag:

Wat is die nut? Waaroor gaan die lewe nou eintlik? Is dit nog alles die moeite werd?

Toe tref dit my: Die antwoord lê reg daar, om my in my eie kamer!!

Die waaier sê: “Mik hoog!!”

Die venster: “Kyk na die wêreld daarbuite!!”

Die horlosie voor my bed sê: “Elke minuut is kosbaar!!”

Die kombers: “Soos God belowe in Sy Woord, het Hy jou laasnag beskerm!!”

Die spieël:” Jy is uniek in God se oë!!”

Die kalender: “Vandag is die eerste dag van die res van jou lewe!!”

Die deur: “Druk hard om jou doel te bereik!!”

Die mat: “Gaan af op jou knieë en dank God vir ‘n nuwe dag!!”

Vriende van Bejaardes

Geseënd is hulle wat altyd verstaan as ek bewend moet tas of struikelend gaan; 

Wat weet dat my ore met moeite kan hoor, dat ek maklik die draad van die storie ver-loor. 

Geseënd is hulle wat self som-mer weet dat my oë al swak is, en ek maklik vergeet. 

Geseënd is hulle wat kastig nie sien dat ek koffie gemors het toe hulle my bedien. 

Geseënd wie lus het om rustig te wag terwyl ek vertel van my eensame dag; Wat nooit sal verwyt of hu-muer sal verloor al vertel ek dieselfde ou storie weer oor; 

Geseënd, as hulle my op my oudag laat voel dat hul liefde en agting opreg word bedoel, wat verstaan as my kragte my weifelend laat vra; Hoekom is my kruis soms so swaar om te dra? 

 Wat die las help verlig met hul liefde vir my op die skof wat my eindelik Huistoe sal lei.

Prayer for South Africa

Hi, Lord, it’s me.

We are getting older and things are getting…bad here.

Fuel prices are too high, no jobs, and food and elec-tricity cost is too high. I know some have taken you out of our schools, 

government and even Christmas, but Lord I’m asking you to come back and re-bless South Africa. 

We really need you! There are more of us who want you than those who don’t!

Thank you Lord, I love You.

Amen.

Love without God is like an unsharpened pencil – it has no point.

Verwelkomings

Gelukwensing

Sterftes 

Mev MFT Grunow 10U 

Mnr JCB Eyssen 2R

Baie geluk aan Bettie Erasmus van 3Z met haar kleinseun se 11 onderskeidings in die afgelope matriekeksamen.

Tossie Erasmus 1L 

Amalia Swart 8HJ

Januarie Verjaarsdae

2 Rina Vorster 201

8 Bettie Erasmus 3Z

8 Cecilia Lange 1H 

10 Lida Kruger 4F

11 Lettie Louw 2J

13 Magda van Niekerk 2 W

19 Julie Oosthuizen 10 PR

19 Kitty van der Merwe 1F

20 Albertus Smuts 202

20 Thea Zimmerman 6G

22 Beatrix le Roux 3LN 

29 Cynthia Odendaal 9ABC 

29 Helene Fitzgerald 9HJL

Allerlei

  • Totale reënval vir 2014: Totaal: 914,0mm Vorige hoogste: 1150,00mm in 2009 Vorige laagste: 567,0mm in 2013  Verskaf deur Aat van der Dussen
  • Hy glimlag oor ons, Sy handewerk—hoekom sou ons nie ook nie? – Anoniem