Augustus 2015 Uitgawe 24

 

die kroon

Die griep het behoorlik gewoel onder ons personeel maar ons Krone is redelik gesond, ek en Susan gaan groot in ons tuine, Oumies is terug, dus is daar mos niks om oor te kla nie. Weereens beleef ons oneindige Genade van Bo.

Oumies, ek hoop jou vakansie was heerlik en dat jy met ‘n nuwe stoei-gees terug is, veral oor die hysbakke! Ons het darem nie die plek afgebreek nie, die taxi’s het net so ‘n dag nie saam gespeel nie.

Baie dankie aan elke personeellid wat so getrou hul werk doen, veral die wat onder moeilike omstandighede by Kronendal moet uitkom.

Mag elkeen die Liefde en Genade van ons Hemelse Vader in Augustus beleef.

Groetnis

Wanie

 

Finn

Right: Rosslyn Finn, one of our latest Crowns since 25/04/2015 . Ross was born in London and her parents moved to South Africa when she was 2 years old. She then grew up in Potchefstroom where she finished school, after which she attended Green Oaks College in Johannesburg. Her career started as a travel agent in 1963. Because of her job she travelled a lot but retired in 2005.

Ross loves to go to the movies, reads quite a lot and she is a very good scrabble player. The latter started when a friend one night took her to a scrabble club. Since then she has a lot of scrabble friends. They are still visiting her in Kronendal. She once was rated 5th best scrabble player in South Africa.

Ross was a victim of crime several times –  burgled and attacked. Her dog slept inside her house and protected her but he never attacked the criminals although they were petrified when seeing him. He was 13½ years old when she had to put him out. She broke her ankle after that and therefore her family decided she had to become a Crown.

Thanks to the Finn Family who decided that!

 

Jooste

 

 

Regs: Ek het waarlik ‘n helde-verering vir Leentjie Jooste van 4O, en haar dogter Karina.

Ek kan net sê geloof , hoop en liefde, tesame met volharding het ‘n deurslaggewende rol in hierdie mense se lewens gespeel.

As gevolg van breinvliesontsteking wat Karina op 2 jaar en 8 maande opgedoen het, het sy doof geraak.

Die kinderarts wou dit nie glo nie,maar ‘n ma(Leentjie) ken mos haar kind en het baie toetse en navorsing self gedoen. Baie trane en gebede was nie verniet nie, want Leentjie het haar kind self geleer – oor en oor, dag vir dag. Dit was gebare, liplees, bandopnemer , kleurkaarte, prentjies uitgeknip en geplak, woorde geklank. Weereens geloof, hoop en baie liefde.

Op 3 jaar het Karina ‘n gehoorapparaat gekry, maar sy het eerder die gehoorstukkies gekou of hulle in die sandput toegebou!

Karina het graag saam met haar sussie kleuterskool toe gegaan want daar het hulle met waterverf geverf. Later sou Leentjie eers Karina se talent agterkom toe sy so mooi met waterverf begin skilder het.

Karina en haar sussie het na ‘n plaasskool gegaan en dus baie persoonlike aandag gekry en hier het hulle aan al die aktiwiteite deelgeneem. Karina het balletklasse geneem, maar as die onderwyseres geraas en gebare gemaak het, het Karina dieselfde gebare gedoen!

Vir 4 jaar was Karina in hierdie skool en daarna is sy na St Vincent Skool vir Dowes in Johannesburg. Hier het sy geleer skilder.

Daarna is sy na die Transoranje Skool vir Dowes in Pretoria. Hier het sy haar talent uitgeleef deur die maats te skilder. Na matriek het Leentjie gevra of daar nie ‘n pos by die skool is vir Karina nie, maar die antwoord was ‘n besliste “nee”. Die Here het ‘n duidelike doel met Karina gehad. Sy doen vandag nog steeds navorsing in verband met gebaretaal en dowe opvoeding en werk al 27 jaar by Unisa.

Sy is getroud met ‘n skoolmaat, ook doof. Hulle het ‘n horende seun (nou 28 jaar). Hy is ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester(SA). Hy som sy dowe ouers as volg op:

My deaf parents are very different from hearing people.

They are not as cold and hard as hearing people sometimes are

They care more and are more affectionate

They are more sensitive to their surroundings and other’s feelings

They are visual persons and their vision are very sharp. All communication is done through lip reading, through sign language, through writing.

They definitely don’t know the language of sarcasm

They are very vulnerable and can easily be marginalised by hearing people and employers

They tend to be introverted when interacting with hearing people.

 

I will never trade my Deaf parents for Hearing parents. What I am today, I owe to my Deaf parents. They have sacrificed a great deal to get me educated.

 

Leentjie, ons is trots om jou as ‘n Kroon te kan hê sedert 15/08/2013 en Karina jy en jou gesin bewys weereens die Genade van God is oorvloedig.

 

DANKBAARHEID VAN MADDER STEYN

 Beste Oumies en Wanie,

Ek weet nie hoe ek die hele verpleegpersoneel op ‘n behoorlike manier sal kan bedank vir alles wat hulle, in die tyd toe die PESTE Kronendal getref het, vir ons gedoen het nie. Daarom wend ek my na jul maandblad.

Die pes het my om middernag getref en op die aakligste wyse denkbaar.  Mariet het die noodknop gedruk en onmiddellik was ‘n suster en twee verpleegsters by my. Ek wil nie al die aaklighede beskryf nie maar die einde van die storie was dat ek dadelik ‘n inspuiting gekry, hulle my gewas en na die bed GEDRA het.  Hulle het ook  ander medikasie gegee wat ek gereeld moes gebruik.

Toe my arme vrou later die badkamer wou gaan skoonmaak, was my nagklere gewas, die hele plek opgeruim en aan die kant!

Die ergste is, ek weet nie eers wie die twee verpleegsters was wat al die werk, met soveel liefde, gedoen het nie.  Ek sal hulle so graag wil ontmoet om persoonlik dankie te sê.

Vroeg die volgende oggend en ook later in die dag was ‘n ánder suster hier om te hoor hoe dit gaan.

My vrou was ‘n dag of wat later aan die beurt.   Gelukkig was dit helder oordag en was haar omstandighede nie so erg soos myne nie. Dadelik het sy daardie effektiewe inspuiting en ander medikasie gekry en is sy ook gereeld besoek.

En toe kom die rekening!  Wat was ons verbasing groot?  Net ‘n skamele R72 vir beide van ons, saam met al die medikasie!!!!!!  Wat sou ‘n dokter se rekening gewees het vir ‘n middernagtelike uitroep?

Na ons die rekening gekry het en ons alles aan ons kinders vertel het, was hulle reaksie: “Pa, Ma, ons is gerus oor julle en oor julle toekoms!

Inwoners van Kronendal, asseblief, hou op met kritiseer en kla. Dank liewer die Here vir ‘n plek soos hierdie en dat julle betyds hierheen gekom het.

 

Madder Steyn 3PR