Desember 2015 Uitgawe 28

die kroon

Voel jul ook nou God se warm liefde as ons die dag gedenk., toe Hy Sy Seun vir ons gegee het—ons grootste kersgeskenk.

Christius kom, Christus kom, gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in hierdie land o Heer.”

Mag elke Kroon en personeellid die wonder en genade van hierdie Kerstyd beleef. Die wie saam met hul families dit vier, mag jul samesyn geseënd wees. Die  wie se familie ver is, onthou ons Heer is jou grootste familielid en Hy is nooit ver nie. Geseënde tyd  vir julle ook.

Groot dankies aan elke Kroon en personeellid wat van Kronendal so ‘n wonderlike plek maak.

Geseënde Kersfees !

Groetnis

Wanie (Redakteur)

Wanie (Redakteur)KRONE NEEM AFSKEID VAN 2  PERSONEELLEDE(SENIORS)

 

Oumies en KarinAfskeid groepGirty afskeid

Bo: Toenou Baas, doen jou werk sodat ons kan klaarkry vir die party!

Op 26/11/2015 is daar op gepaste wyse van Ronnie en Girty (regs bo) afskeid geneem.

Vroeg die middag is daar geskarrel om alles gereed te kry. Annemarie het ge-”spark” met heerlike eetgoed vir die aand. Die tafels was oorlaai en elkeen kon genoeg te ete kry.

Madder Steyn het geopen met Skriflesing waarin die tyd van kom en gaan duidelik uitgestip is. Sy gebed waarin hy so mooi ons Hemelse vader bedank het vir Ronnie en Girty se geduld met die “beneukte oumense” is met ‘n gegiggel aangehoor!

Oumies, Quini en Vicki het elk ‘n beurt gekry om aan Girty en Ronnie geskenke te oorhandig. Daarna het elk van hulle hul toespraak gelewer en ‘n mens kon duidelik die knop in hul keel hoor.

Die tyd vir smul en kuier het aangebreek en Ronnie en Girty het sover moontlik elkeen ‘n totsiens geselsie probeer gee.

Ronnie & QuiniRonnie en Oumies