Januarie 2016 Uitgawe 29

die kroon

Die nuwe jaar het aangebreek—2016! Mag elke Kroon hierdie jaar gesond bly  en vreugde en geluk ervaar.

Ek was 3 weke met verlof maar het met Jan Tuisbly se karretjie gery. Dit was goed aangesien dit so warm was dat ‘n mens nie op die pad wou wees nie.

Dit is jammer dat ons so ‘n paar Krone moes verloor in die afgelope Kerstyd. Aan hierdie families ons innige simpatie met die wete dat daar ‘n God is wat hul dra.

Ek hoop elke personeellid sien uit daarna om weereens in 2016 al hul liefde uit te stort op ons Krone. Baie sterkte, krag en wysheid word  julle toegewens.

 

Groetnis

Wanie (Redakteur)

Kelners                         Kersete 2015

Bo: Die Krone was aangenaam verras deur ‘n koor van die eetkamer en kombuispersoneel se pragtige stemme wat die eetsaal gevul het op Kersdag. Die tafels was pragtig gedek. ‘n Heerlike Kersete is voorberei. Baie dankie aan Annemarie vir haar moeite en harde werk.

Oumies het die oggend kom inloer om vir elk seënwense toe te wens. Ds Madder Steyn het die ete ge-open met gebed. Kinders en vriende het, waar moontlik, kom saam eet. Soos gewoonlik was die eetsaal vol en gevul met die gees van Kersfees.

Tot in die Versorgingseenheid het kinders saam met hul ouer(s) geëet. ’n Mens besef nie altyd wat ’n voorreg dit is om nog  Kersfees saam met jou ouers te vier nie.

 

 

Susan en Johan                                                                                 Susan Troue

Op 28 Desember 2015 het Susan Darvall mev Janse van Rensburg geword. Die troue het plaasgevind by Lombardi Boutique Hotel en alles het vlot verloop. Johan, die bruidegom, het soos ‘n verliefde jongman na sy bruid geloer. G’n wonder nie want Susan het stralend gelyk. Ek het die troue vreeslik geniet want ewe skielik het ek besef “ons teenwoordig is almal seniors” en trou is nie net vir jongmense nie!

Toe die 2 moes kniel en die pastoor die seën oor hulle uitspreek, sien ek  agter op hul skoene staan baie duidelik geskryf  “I do” op syne en “me too” op hare. Wys jou, hulle is vir mekaar bedoel.

Op die foto regs bo staan die uwe, Saar, Susan en Karin—ons het almal in haar geluk gedeel en Kronendal verteenwoordig.

Dit was ook heerlik om weer saam met Saar Lessing te verkeer.