UItgawe 43 Maart 2017

Ek is terug en gesond en het ‘n nuwe bestuurder!  In 2012 was ek ook vir ’n operasie in die hospitaal en toe ek terugkom was hier ’n nuwe bestuurder. Dus moet julle bekommerd wees—elke keer as ek hospitaal toe gaan, kry Kronendal ’n nuwe bestuurder!! Hou duim vas ek gaan nie gou weer hospitaal toe nie.

Soon our  garden will be in perfect shape after  Kronendal’s 3 “girls” and the 2 garden men are finished with it. The 2 men are working very hard and a thank you to them.

May you all have a wonderful March with lots of good health and  love by the grace of our Lord.

 Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

 

 

Betsie Beyers het op 28 Februarie 2017 102 geword. Sy is een van Kronendal se eerste inwoners, dus is sy nou 39 jaar hier woonagtig.

‘n Heerlike partytjie is vir haar gehou en Chris het weer uitgehang met sy eetgoed terwyl Karin die pragtige koek gebak het. Elke Kroon het kans gehad om haar geluk te wens. Sy self het ‘n toesprakie gelewer. Sy het met verwondering na die koek met haar foto op gekyk.

Die bestuurder het ‘n geskenkie aan haar oorhandig terwyl Wanie ‘n ruiker oorhandig het. Die Versorgingseenheidpersoneel het haar baie mooi toegesing. Oud-personeel van die Versorgingseenheid was ook teenwoordig en word opreg waardeer.

 

 

 

 

 

DANKIE

 

 

Graag wil ek my hartlike dank uitspreek ten opsigte van my operasie, teenoor die volgende:

  • Elke inwoner se gebede
  • Marjorie Nortje vir die pragtige ruiker
  • Inwonerskomitee vir die pragtige ruiker
  • Susan vir haar besoek by my in die hospitaal
  • Elke oproep van inwoners en personeel
  • Beatrix le Roux vir my heerlike geskenk
  • Al die drukkies en verwelkoming op Maandag, 27 Februarie.
  • Bowenal alle eer en dank aan ons Hemelse Vader vir my herstel.

– Wanie Jordaan