September 2017 Uitgawe 48

Dis heerlike lente die winter is verby en kyk net hoe blom die Clivias by Kronendal! Oral sien  jy net bome groen blaartjies kop uitsteek en tesame met dit, natuurlik onkruid wat welig begin groei. Kom ons vergeet van die onkruid en kyk net na die groen blaartjies m a w nuwe lewe wat ons net deur genade van Bo ontvang. Alle dank aan ons Hemelse Vader wat elke Kroon so mildelik seën.

Aan al die personeel: Waardeer ons Krone want hulle dra julle elke dag in hul gebede op aan ons Liewe Heer.

Mag elkeen ‘n wonderlike , vrolike en geseënde September beleef.

Kroongroete/Crown  greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bo: Anna van der Westhuizen, een van ons ou staatmaker Krone. Anna is op Kleinfontein naby Brits gebore en het in Brits haar skoolloopbaan voltooi. Daarna het sy by die Staatsdiens gaan werk en later by Unisa. Sy het haar eggenoot in die Staatsdiens ontmoet waar hy ‘n rekenmeester was.

Na aftrede het hulle vir 10 jaar in die Vryheid distrik gaan boer.   Hier het haar man na die 3de beroerte-aanval ‘n parapleeg geword. Hulle verhuis toe weer na Pretoria en trek later op 1/12/2008 by Kronendal in.

Hy is later oorlede nadat sy hom vir 12 jaar getrou opgepas het.

Anna het haar ook oor haar skoonsuster, Marjorie Sevenster, hier by Kronendal ontferm. Op die oomblik vervoer sy ook ‘n hele paar Krone rond. Sy is nog ‘n ywerige swemster.

Sy gaan nou vir 3 maande in Kanada kuier waar haar kleindogter gaan trou en die ander een ‘n baba gaan hê.

Heerlike vakansie, Anna ! Ek is seker ‘n hele paar Krone gaan jou mis!

 

 

         

Bo: Hendrik Pistorius het op 29/08/2017 die 100 mylpaal gehaal.

Hy het sy professionele lewe as onderwyser/hoof by ‘n klein skooltjie iewers in die platteland begin. Later is hy na Potgietersrus verplaas. Hier het hy bokstoernooie vir die skool gereël en sodoende geld ingesamel vir die skool. Sy oorlede eggenote, Gerti, se ouers en broers het op die Springbokvlakte geboer en hier, tydens jukskei-dae het hy haar as hoërskooldogter ontmoet.

Terwyl hy nog hier onderwyser was, het hy met tabak begin boer en ook ‘n besigheid begin om kraalmis te koop, verkoop en te versprei. Terselfdertyd het hy ook in 1944 wit dolomiet op die plaas Calais begin myn.

H Pistorius & Kie(Edms) Bpk is kort daarna gestig om die kraalmis en dolomitise landboukalk besigheid te huisves. In hierdie tyd het Hendrik as onderwyser bedank.

Oor ‘n tydperk van 70 jaar het Hendrik   diep spore in die Landboukalk bedryf in Suid-Afrika getrap. Hy was ook jare lank die enigste buitelandse direkteur van die Amerikaanse National Limestone Institute.

Hendrik het ook ander besighede bedryf    o a vervaardiging van sleepwaens, asbes handelaar en wapen handelaar. Vir jare het hy en Gerti ook ‘n bakkery op Potgietersus bedryf.

Hy het ook verskeie boerderye gehad—druiwe, lusern, katoen, koring, denne en mielies.

Hendrik en Girti het nooit werklik afgetree nie, maar het op 15/09/2003 Krone geword

 

Kronendal het vir Oom Hendrik ‘n partytjie gehou op 31 Augustus 2017. Die inwoners was grotendeels teenwoordig. Karin het ‘n heerlike groot koek gebak en Hendrik moes dit sny sodat die inwoners dit saam met tee kon geniet.

Baie dankie aan AVBOB wat vir die pragtige en gepaste sang en musiek gesorg het.

Oom Hendrik se kinders was verteenwoordig deur Heidi. Sy chauffer en versorger was ook byderhand.

Die media was verteenwoordig deur Rekord.

Bo kuier die personeel saam met Oom Hendrik. Die bestuurder (onder) het in sy toespraak uitgebrei oor Oom Hendrik se lewe en hom die “Lime-king” genoem.

 

 

 

OUPI, MY LIEWE PA deur Heidi

 

Hoe gesels ek in een kort praatjie oor ‘n leeftyd saam met ’n pa soos OUPI?

Ons sewe kinders het waarskynlik vir Oupi op ons eie unieke wyse belewe.

My verhouding met my pa, met Oupi was een van vreugde en liefde.

In kleintyd het Oupi my ‘pappa se poppie’ genoem en later Hi Ti of soms ‘My heart’s delight’

Ek onthou een laat middag kom Oupi van die kantoor af en vind my as ‘n vierjarige in trane.  Hy maak toe sommer daar en dan ‘n versie voor hy my op sy skouers tel – tuintoe.

“As pappa se poppietjie haar handjies so was, haar tandjies so borsel, en Oumi so raas, dan wens sy dis vyfuur want dan is pappa mos hier”

Oupi het ons van kleintyd magie oefeninge laat doen – vir sterk magie spiere.

Hy het saans na kantoor met ons gestoei op ons grasperkie voor die huis in 96 Voortrekkerweg.  As hy jou vang moet jy se “Asseblief my mooi krulkop pappa se linker/of/ regterhand” voor hy jou laat ontsnap.

Oupitjie het ons aan poësie, letterkunde en klassieke musiek voorgestel.  He often read Shakespear to us.  Oupi read Dutch poetry to us – and just last night as I lay in bed with him, at a hundred years of age he managed to quote Guido Gezelle –

Oupi het ons ook van kleintyd blootgestel aan klassieke musiek.  By hom het ek my liefde vir Opera gekry.

Oupi het derduisend veilige kilometers met ons gery. Hy het vinnig gery – en in al die toer was hy nooit in ‘n motorongeluk saam met ons nie. Hy was ‘n ongelooflike veilige bestuurder met ratse reaksie tussen brein en spier.  Oupi het ons omtrent elke winter wildtuin toe geneem waar ons die liefde vir veld en dier ontwikkel het.

Oupi het selfs vir Sonia en ekke bietjie laat boks met die slaansak – net vir ingeval ons ooit iemand op die punt van die ken moes raps.

Oupi het ons van kleintyd Bosveld toe geneem – waar ons biltong gemaak het en beeste gebrand het. Ek onthou as ‘n kleindogter jy hoe rats hy ‘n bees met ‘n rou-riem kon platrek vir brand en spuit. Dan moes ek  – klein-klein hardloop – twee vingers in die bees se neusvleuels druk en die dier se kop agteroor trek op my benerige kinderknie – dan lê die dier mos stil terwyl daar met hom gewerk word. Dit was wonderlike tye saam met my pa in die takkraal in die bosveld stof.

My pa het ons van vroeg af die respek vir wynkultuur geleer. Ek het nooit my pa ‘om en dom’ gesien tenspyte vir sy liefde vir ‘n goeie wyn. Hy het vir ons dogertjies gesê – “n Vrou gebruik net alkohol in die teenwoordigheid van haar pa, haar broer of haar eggenoot”