Oktober 2017 Uitgawe 49

Lekkerrrrrrrr Lentedag! Dit was ‘n bietjie koud maar niks kry ons Krone onder nie. Die braaivleisvure het vroeg gebrand en Chris, Annemarie, Catherine en Caroline was op hul pos.  Alle eer aan ons Hemelse Vader wat so ‘n dag moontlik gemaak het.

Baie dankie aan die kombuispersoneel vir hul flinke diens. Ons vergeet egter nie ons Krone wat deelgeneem het aan die vrolikheid nie. Julle het die dag gemaak!

Mag elkeen ‘n jakaranda Oktober beleef—vol blomme en vreugde.

 

Kroongroete/Crown  greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

 

      

    

 

Bo: Lentedag is op 29 September gevier. Lekker skaaptjoppies en wors is gebraai. Bykosse was ‘n paptert met slaaie. Die inwoners en personeel moes vrolik aantrek met hoede. Pryse is deur die bestuurder, Piet du Toit, oorhandig aan Beatrix le Roux, Lizzy Phaahla en Patrick Fitzgerald.

 

        

Bo: Die inwoners het is mooi gemaak tydens ‘n pamper partytjie met aalwyn produkte. Heerlike aalwynsap is bedien.

 

Above from left to right: John Rogers, Isaac Mohlaba and Rev Madder Steyn. The lecturn constructed by John Rogers from scrap materials and presented to Isaac for his church “Christian Restoration Flowing Ministry” in Mamelodi.

Die kateder is deur Ds Madder Steyn per gebed in diens van die Here opgedra tydens die oorhandiging.