Januarie 2018 Uitgawe 52

En daar breek 2018 ook aan en die Kroon verskyn nou al in sy 5de jaar. Personeel het die nodige vakansies gehad en nou is dit weer skouer aan die wiel sit .

Ons is dankbaar dat ons Hemelse Vader ons Krone so getrou bewaar het –  daar was geen sterfgeval in Desember nie.

Baie dankie aan Annemarie  en haar personeel wat so bedrywig was met die Kersete.

Sterkte aan die Inwonerskomitee met hul verkiesing en Algemene Jaarvergadering. Mag hul werk geseënd wees.

 

Kroongroete/Crown  greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

 

       

Die vrolikheid van Kersfees het al begin op 22/12/17 toe Annemarie begin het met die voorbereiding vir die Kersete. Die inwoners moes in die Sonkamer hul maaltye geniet. Balonne(links) is ook gehang en met die plante in die eetsaal het dit soos ’n paradys gevoel.

         

n Kersboom het ‘n ieder en elk verwelkom voor die eetsaal. Annemarie het haarself oortref met ‘n uithaler Kers-buffet-ete. Die ete het afgeskop nadat Annemarie almal verwelkom het met seënwense vir Kersfees. Paula Meiring is bedank vir al haar hulp.Tienie Bekker het skriflesing en gebed gedoen. Almal het net met lof gepraat en ‘n inwoner se dogter het Kronendal se lof besing op Radio RSG—tot mense in Jeffreysbaai het dit gehoor. Komplimente was aan die orde van die dag. Baie dankie Annemarie en al jou helpers.

Met drie-uurtee is daar soutborde en heerlike Kerskoek bedien en ek glo elke Kroon was toe net lus vir ‘n uiltjie knip!!

 

      

The Crowns gave a hint and we listened! They don’t want to wait in the Conference room anymore for the bus to Pharma Value, so we gave them a bus stop. Susan and her helpers did an excellent job and we thank them for that.

The Crowns can even play mini golf on the “grass”.

 

Die Inwonerskomitee het daarop aangedring dat daar 5 potte met Azaleas in die tuin geplaas word, die daad by die woord gevoeg en dit geskenk.

Vasbyt Krone, hierdie Azaleas sal blykbaar eers in April blom. Ons hoop dit gaan alle verwagtinge oortref. Dit lyk pragtig in die tuin.