Februarie 2018 Uitgawe 53

Die nuwe Inwonerskomitee is gekies—baie geluk aan elke nuwe komiteelid. Baie dankie  aan Chrissie van Vuuren wat die komitee vir só lank gedien het.  Ek hoop  jy rus baie lekker, Chrissie.

‘n Hartlike dank ook aan Chris en Annemarie wat weer uitgehang het met die spyseniering.

Ons inwoners bly mooi gesond—alle eer aan ons Hemelse Vader en aan ons versorgingseenheid.

Ons het wel so ‘n paar inwoners wat versorgingseenheid toe moet skuif, maar wees gerus, ons versorgingspersoneel sal baie mooi na julle kyk.

 

Kroongroete/Crown  greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

Niek Prinsloo en sy vrou, Miemie, is Krone vanaf 01/03/2016. Hy is gebore te Zaaiwater, Ogies, waar hy sy laerskooltyd deurgebring het. In 1953 het hy op Witbank gematrikuleer. Hy het daarna in die onderwyskollege se koshuis tuis gegaan en sy graad by Tukkies verwerf. Koshuisgeld was €64 per jaar en die klasgeld was €56 per jaar.

In sy 4de jaar het hy Miemie Terblanche ontmoet, wat toe later sy vrou geword het.

In 1958 begin hy skoolhou te Van der Bijlpark—matrieks! Hy het in 7 verskillende hoërskole skoolgeou.

In 1979 kry hy sy 1ste bevordering as departementshoof by Transvalia Hoërskool waar hy later ook Adjunkhoof geword het. Die hoof gedurende hierdie tyd was mnr Elmar Steyn, die skrywer.

In Augustus 1986 kry hy die pos as hoof by Hoërskool Klerksdorp tot met sy aftrede in 1993.

Met sy aftrede het hulle langs hul dogter gaan woon in Valhalla. Na 10 jaar het sy dogter na Australië ge– emigreer.

Niek is ‘n baie gewilde man—dit is bewys deurdat van sy matrieks van Standerton hom nog gereeld besoek.

 

 

              

 

             

    

Baie geluk aan hierdie persone wat op die Inwonerskomitee sal dien:

Martie Venter, Bets Faure, Elize Myburgh, Niek Prinsloo, Marie badenhorst, Annetjie grundlingh, Quini Myburgh, Paula Meiring, Esther Theron, Daleen en Hennie Theron.

 

AAN: DIE VOORSITTER EN LEDE VAN DIE INWONERSKOMITEE VAN 2017
 
Graag wil ek my dank, en ek hoop die dank van elke inwoner, aan elke lid van die uittredende komitee oordra vir die uitstekende diens wat julle aan ons as inwoners gelewer het gedurende die afgelope jaar. Ons is daarvan bewus dat die diens gratis gelewer word en dat dit baie tyd en opoffering van elke lid verg. Elke lid is verantwoordelik vir ‘n portefeulje en elkeen het sy beste diens gelewer. Ons as inwoners pluk die vrugte van julle arbeid. Nogmaals baie dankie.—Lorein Winter.