Julie 2018 Uitgawe 58

Die middel van die jaar is hier en nou draai ons die kalender op die lessenaar om sodat ons die ander helfte van die jaar kan sien.

 

Dit was ‘ n besige 2 weke om alles gereed te kry vir ons Kroon Proteas, maar helaas alles het klaar gekom. Die trek was op ‘n baie koue dag maar die Proteas is hier!

Ons heet graag elke Protea inwoner welkom hier by Kronendal en hoop van harte hulle bly so lekker dat hulle sommer almal, personeel ingesluit, gaan bly.

 

Met die hulp van Bo gaan ons ‘n nuwe tydperk tegemoet.

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

 

      

      

Op 6 Julie 2018 het Kronendal 26 Verswakte inwoners van Protea Aftree-oord ingeneem.

Dit was ‘n gewoel-en-werskaf om die kamers gereed te kry.

Eers is daar ‘n inligtingsvergadering gehou vir die Proteas se kinders. Die proteas is met ambulanse en party deur hul eie kinders na kronendal gebring.

“n Heerlike verwelkomingspartytjie is gehou en van die borge, direkteure en Rekord was teenwoordig.

  

Die Breiklub stal uit maar Beautrix se “Brei? Nee dankie!!”

  Op 19/6/2018 het die Saries in die Sonkamer opgetree.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *