Mei UItgawe 56.0

Die baas is terug en hy lyk vir my uitgerus!! Dit is wat die seelug aan ‘n mens doen!

 

Hierdie uitgawe word gewei aan ons Moeders. Ek hoop elke moeder het ‘n baie aangename Moedersdag met baie liefde ontvang van elke kind/kleinkind/agter kleinkind.

Ons nader ook Pinkstertyd asook ons Algemene Jaarvergadering. Ons hoop alles loop goed af en dat almal heerlik eet na die verrigtinge. (Dis mos die lekkerste deel, né!)

 

Baie dankie aan elke vriendelike gesig hier in Kronendal– dit is wat Kronendal so wonderlik maak.

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

 

GRAAD 2 KINDERS SE IDEES VAN MAMMAS.

 

Hoekom het die Here Mammas gemaak?

Sy is die enigste een wat weet waar is die sello-tape en prestick!

Sy moet eintlik net die huis skoon hou.

Sy moet ons uithelp as ons gebore word.

 

Hoe het die Here Mammas gemaak?

Hy het grond gebruik net soos met almal van ons.

Hy het bonatuurlike kragte en baie tou.

Die Here het vir my ma gemaak net soos vir my. Hy het net groter goed soos kop, arms en bene en goeters gebruik.

 

Van watter bestanddele is Mammas gemaak?

Die Here het Mammas gemaak uit wolke, engeltjie vlerkies en hare en baie ander lekker goed in die wêreld. Maar ook ‘n klein bietjie lelik en gemeen want sy is partykeers kwaai.

Hulle het begin om Mammas te maak van mans se bene, maar ek dink hulle het meestal ‘n klomp tou en lyn gebruik.

 

Hoekom het jy JOU Mamma gekry en nie sommer enige ander mamma nie?

Ons is familie.

Die Here het geweet sy hou meer van my as ander kinders.

 

Toe jou Mamma klein was, watter soort dogtertjie was sy?

My Mamma was altyd net my Mamma en niks van daardie ander soort goed nie.

Ek weet nie want ek was nie daar nie. Maar ek dink sy was nogal baie baasspelerig.

Hulle sê sy was baie gaaf en lief.

 

Voordat sy met jou pa kon trou, wat moes sy van hom weet?

Sy van…

Sy moes weet van sy agtergrond. Lyk hy soos ‘n skelm? Word hy dronk as hy bier drink?

Maak hy ten minste R56 000-00 per jaar? Sy moet weet of hy JA of NEE gesê het vir drugs. Ook of hy JA of Nee sê vir los werkies soos huis werk?

 

Hoekom het jou Mamma met jou Pappa getrou?

My Ouma sê sy kan dit nie verstaan nie, my Ma het seker nie mooi reguit gedink nie.

 

Wie is baas in julle huis?

Mamma wil nie baas wees nie, maar sy moet want sy sê my pa is dom-onnosel.

Ma is. Jy kan dit sien as sy na my kamer kom kyk. Sy sien al die goed onder die bed raak.

Ek dink my ma is die baas. Maar net omdat sy soveel meer goed het om te doen as my pa.

 

Wat is die verskil tussen ma’s en pa’s?

Mammas werk by die werk en hulle werk by die huis. Pa gaan werk net by die werk.

Mammas weet hoe om met juffrou te praat sonder om haar bang te maak.

Pappas is groter en sterker maar Mammas het invloed en gesag, want jy moet haar vra as jy by ‘n maatjie wil gaan oorslaap.

Mammas het ‘n towerstokkie. Hulle kan jou beter laat voel sonder medisyne.

 

Wat doen jou Mamma in haar vrye tyd?

Niks, want Mammas het nie vrye tyd nie.

Jy moet haar hoor! Sy betaal rekeninge die hele dag lank.

 

Hoe kan mens jou Mamma perfek maak?

.. Aan die binnekant is sy perfek.. Buitekant.. ek dink een of ander soort plastiese operasie.

Die kleur van haar hare. Ek dink miskien blou.

 

As jy iets kon verander aan jou Ma, wat sal dit wees?

Sy het daardie nare ding in haar kop dat ek my kamer moet aan die kant hou. Ek sou daarvan ontslae raak!

Ek sou haar slimmer maak, dan sal sy weet dit was my sussie wat dit gedoen het en nie ek nie.

..Ek sou graag wou hê daardie onsigbare oë agter in haar kop moet uitval.

 

— Ai uit die mond van die suigeling hoor jy die waarheid—Red —

 

A LIGHT-HEARTED LOOK AT THE AGEING PROCESS

As you get older cold gets colder

Meat gets tougher, paths get rougher

Stairs get steeper bathes get deeper

Print gets smaller, children taller

People mumble, fingers fumble.

BUT GRADUALLY YOU FIND THAT…..

There’s no need to worry, no need to hurry

No need to fuss, Mum, leave it to us, Mum

Relax at your ease just do what you please

Everyone’s loving no pushing or shoving

People all care for you,

bring out a chair for you

Everyone’s kind, they really don’t mind

If you wear funny clothes and don’t powder your nose

You can sleep all day if you feel that way

And read and read and read and read

Say poems out loud if that’s what you need.

AND

Soon comes the time for a wonderful trip

You don’t need a plane or a train or a ship

You don’t have to pack or to book or to worry

You don’t need a ticket, there’s no need to hurry

You don’t need luggage or passports or visas

You just slip across and are welcomed by Jesus.