November 2018 UItgawe 62

Ai, nou wat nou? Dan is die lappie  onder die blomme op, dan is dit af, dan weer op en dan weer af. Op hierdie stadium lyk dit of die inwonerskomitee gewen het.

Ongelukkig was daar ‘n hele paar sterftes maar ons weet dat die oorledenes lieflike Krone was en nou veilig rus in Jesus se arms. Die meeste van die Proteas het gekom en  toe weer gegaan, maar ons Krone bly ‘n familie wat sterk staan en na mekaar kyk.

Ons dra graag ons Krone en ons personeel ,wat hierdie Krone so getrou dien, op aan ‘n Hoër Hand wat Sy genade so getrou oor ons uitstort.

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

   

Mari Venter is ‘n Kroon sedert 01/02.2017.

Sy is gebore op Swartruggens, hele skoolloopbaan daar voltooi. Na skool het sy gaan verpleeg. In 6 jaar het sy haar algemeen, kraam, moederkunde en psigiatrie gedoen. Kraam het sy in die ou Moedersbond gedoen, Psigiatrie in Weskoppies waar sy ook vereer is as beste praktiese verpleegster. Op universiteit het volksgesondheid en administrasie gestudeer. Sy het saam met ‘n mediese dokter gewerk en moes hom na simposiums vergesel. Hulle is toe later getroud.

Na hul aftrede het die reisgogga hul beetgepak en wêreldwyd gereis, behalwe Amerika.

Hy is later aan ‘n beroerte oorlede.

Mari is ‘n kranige danser. Sy het by Dance Well gedans—Ballroom en Latyns-Amerikaans en het sommer baie kompetisies gewen.

Ons sien Mari gereeld hier die danspassies uithaal as hier lekker musiek gemaak word.

  

Sonja Smith begrafnisgroep het ‘n “Wellness Day” hier by Kronendal geborg. Hartman vir Wondsorg het Krone bygestaan en Medwell het bloeddrukke geneem, cholesterol en suiker getoets.

Die hoogtepunt was natuurlik die orkes van bejaardes. Kyk daardie tannie van oor die 80 speel daardie banjo!! ‘n Paar van die inwoners het nie op hul laat wag nie en het vroeg al begin dans.

Susan het baie aandagtig, lyk soos werk in die hand, gaan sit en luister.

Die dag is afgesluit met heerlike eetgoed by die tee.

Baie dankie aan direkteur Sonja