Oktober 2018 Uitgawe 61

Ons het 11 Proteas oor en vanaf 1 Oktober 2018 is hulle onder ons vlerk. Ons hoop hulle bly baie lekker hier by ons Kroon-familie.

Van die Protea-personeel bly ook ‘n paar agter en ons vertrou dat hulle  baie lief sal word vir ons Kroon-familie. Ek sien juis sr Nanette warrel oral rond in die gange. Matrone Marthie en die personeel wat nie bly nie, wil ons graag baie dankie sê vir hul diens en net die beste vir die toekoms toewens. Ons is lief vir jou, Marthie en sal jou nie vergeet nie.

Vir hierdie mooiste, mooiste Oktobermaand wens ek elke Kroon ‘n lieflike Jakaranda tyd toe—vol vrolikheid en voorspoed.

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

    

Op 14/09/2018 het Top Dogs die Krone besoek sodat hulle so ‘n bietjie kon kommunikeer met die honde. Dit was baie goeie terapie en die Krone kon die honde baie liefie- kopvryfies gee.

Dit gaan nou elke maand ‘n gereelde besoek wees. Die honde is baie skoon en goed geleerd.

: Op Vrydag 21 September 2018 het die Krone hul jaarlikse Lentebraai gehou. Vroeg het Chris en Annemarie begin braai terwyl Krone Nico en Rudy hand bygesit het. Direkteur Rian het die Krone se voete laat jeuk met sy musiek. Party Krone het gedans.

Pryse is gegee aan Beatrix le Roux, Susan Boshoff, Hennie Theron vir die mees vrolik geklede inwoners en van die personeel het Viniah die prys gekry.

Baie dankie aan Arrie Nel Apteek en Sonja Smith Begrafnisgroep wat die pryse geborg het.

Balonne was oral gehang, selfs ook op 1ste en 2de vloere.

(Ek wil darem net spog die blomme wat Beatrix so gebruik het, kom uit my tuin!!!- Red)