September 2018 Uitgawe 60

Die Kroon is 5 jaar oud!

 Graag wil ek vir elke Kroon bedank vir bydraes wat ek kon plaas, vir al die “baie dankies” en positiewe  terugvoer gedurende die 5 jaar.

 Ek het aan ons Krone hulle PIN-nommer gegee nl 4116. Die 4de evangelie, 1ste hoofstuk, 16de vers. “In Sy oorvloed ontvang ons genade op genade”.

 Daarmee saam het ek ons slagspreuk ontwerp: Ons inwoners is die Krone van wysheid en liefde.

 As ek so terug kyk, dink ek aan ons lentebraaie, valentynsdae, Krone wat 100 plus geword het, se verjaarsdae, Kersetes en ons groot noenmaal met ons 40-jarige bestaan. Dit alles wys hoe  ‘n pragtige Kroonfamilie ons is.

 Ek wil graag vir elke Kroon bedank vir hierdie wysheid en liefde, maar ook aan elke personeellid ‘n dankie vir jul liefde wat julle teenoor ons Krone betoon.

 Aan ons Hemelse Vader die grootste dank vir Sy genade op genade.

 Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

   

Hendrik Pistorius het op 29/8/2018 sy 101ste verjaardag gevier. Hier by hom staan die be-stuurder, dogters Reine en Heidi en ‘n kleindogter.

Die Krone het saam met hom die oggend geniet en Antionette Voight het vir hom toegesing.

Baie dankie aan Annemarie vir die heerlike koek saam met tee.

  Esme den Dulk het haar hare laat mooi maak toe haar 2 seuns van Nederland en Australie kom kuier het.

  

Annetjie Botha se seun en skoondogter het vanuit Engeland kom kuier. Sy glimlag van oor tot oor en vergeet van alle skete.