Desember 2018 Uitgawe 63

It’s Christmas time again and some of us will be with their families.

From my side, I just want to thank each resident for their kind love, each staff member for their love to the residents and colleagues  and to our manager—thank you so much for being our mentor.

May all of you have a wonderful Christmas. I believe Chris is going to spoil you on Christmas day with a delicious meal.

I also want to thank all the student chefs who were trained here for all their friendliness. Chris and Annemarie can be proud of them sending them out into the corporate world.

A hearty welcome to all the Medico staff who have been with us for so long and only now being our Crown/Kroon colleagues.

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

   

Regs: Op 31 Oktober 2018 het Chris die trofee verower vir die beste manne-tafel by die Kansa Rooi Rose Tee.

Chris is al ‘n bekende daar en skryf elke jaar in.

Ons sê graag aan hom baie geluk, hy verdien dit.

      

Die personeel het ‘n heerlike braai geniet vir hul Kerspartytjie.

 

BOODSKAP VAN DIE BESTUURDER:

Kersfees is om die draai, en dit gebeur so maklik dat ons die ware betekenis van Kersfees mis. Mag jy in hierdie Kerstyd weer bewus word van die grootste geskenk wat jy ooit sal ontvang—die geskenk van God se Seun, Jesus Christus. Mag jy in hierdie tyd iets beleef van hoe wyd en ver en hoog en diep Christus se liefde vir jou strek!

Mag jy Sy liefde so leer ken dat jy gevul sal wees met die volheid van God.

 

BOODSKAP VAN VOORSITTER VAN INWONERSKOMITEE

Kersfees is alweer om die draai. Dit is ‘n voorreg om veilig en rustig hier te woon.

Sommige van ons se kinders bly ver en net verlange bly by ons. Ander moes hul dierbare kinders aan die dood afgee. Meeste van ons het ons lewensmaat verloor. Mag al die mooi herinneringe rus in elke gemoed bring.

Ons vier die geboorte van Jesus Die verlosser wat groet met Shalom of Vrede. Hy ken die woelinge van die menslike gemoed.

Mag u ‘n heerlike feestyd geniet met vrede en vreugde.

 

Liewe Wanie

Wil ook opreg dankie sê vir elke maand se Kroonnuus. Klokslag laat jy hom verskyn elke keer met vars nuus, dikwels te midde van ‘n baie druk werksprogram. Weet net, elkeen van ons wat jou nuusbrief lees, geniet en waardeer dit opreg!

‘n Geseëmde Kersfees vir almal! Mag die liefde, seën en vreugde van hierdie Kerstyd ons almal deur 2019 dra.

Heila de Beer 3F

Baie dankie Heila, dit is ‘n groot plesier! – Red.