Februarie 2019 Uitgawe 65

Die  Algemene Jaarvergadering van die Inwonerskomitee is agter die rug. Die nuwe komitee is gekies en almal is volstoom aan die werk. Die eerste klere-uitstalling is gehou, dus wys dit dat 2019 aan die gang is.

Ons baas is terug en ons almal hoop hy is gesond waaroor ons baie dankbaar is—nou kan ons hom mos weer opdraande gee!!

Ek hoop elke Kroon en personeellid gaan ‘n wonderlike laaste somermaand hê. Vergeet net nooit van Sy genade wat ons so mildelik ontvang nie.

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

        

  Krone, Denel, Pretorianer, Comrades   

Die Inwonerskomitee vir 2019

Quini Myburgh, Bets Faure, Niek Prinsloo, Dalene & Hennie Theron, Marjorie Snyders, Paula Meiring, Elize Myburgh en Esther Theron.

Baie geluk aan elkeen. Mag julle heerlik saam werk.

Oppas Esther het ‘n “moon boot”aan en sy skop seer!!

    

 

In die vorige uitgawe het ek berig van Connie Prins wat 100 geword het op die 14de Januarie 2019. Nou hier is die bewyse hoe lekker die Krone tee gedrink het. Regs bo is Connie saam met haar kinders en links bo sing die versorgers vir haar. Links is die jonge dame met een van die koeke wat Chris gebak het. Baie dankie, Chris!

Die bestuurder het daardie dag teruggekom van vakansie en moes dadelik inspring agter die mikrofoon.

Ons bestuurder het siek-siek teruggekom werk toe maar beland toe in die hospitaal. Hy was darem betyds terug en gesond vir die Inwonerskomitee se Jaarvergadering en die belangrikste –sy verjaardag– op 1/2/2019. Hy het ‘n baie belangrike ouderdom bereik en ons wens hom alle voorspoed, goeie gesondheid en geluk toe.

 Baas/Mnr/Piet/Oom/Oupa.

Al die Krone en personeel is baie lief vir jou!

 

Hallo Wanie,

Graag wil ek my opregte bewondering en waardering uitspreek teenoor Annemarie en haar personeel vir die baie professionele en kalm manier waarop hulle die water krisis vanoggend in die eetkamer hanteer het. Temidde van water wat uit die plafon gestroom het, en dit op meer as een plek, het hulle addisionele plekke gereed gemaak vir die inwoners wat  nie op hulle normale plekke kon sit nie en het hulle rustig voortgegeaan en die water op gevee en op gesuig en is die ontbyt feitlik op die gewone tyd bedien. Toe ek vanmiddag gaan eet het was die eetkamer pragtig netjies en al die plekke gedek. Die kos is betyds bedien en almal was gelukkig en tevrede. Mnr die Bestuurder, u moet gerus kennis neem van u bekwame personeel wat in tye van krisis flink kan reageer en die krisis voortreflik kan hanteer. Baie dankie ons waardeer julle.

Lorein Winter

Baie dankie, Lorein. Karin het telefonies gehelp.—Red