Maart 2019 UItgawe 66

Aan elke Kroon, mag julle ‘n geseënde Maart , begin van herfs, beleef.

Die nuwe intrekkers het hul verwelkomingstee gehad  en ek hoop hulle voel sommer welkom.

Ek hoop elkeen van hulle ken ons PIN nommer 4116—4de evangelie,1ste hoofstuk, 16de vers ; Uit Sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Out of fullness of His grace he blessed us all, giving us one blessing after another.

Taking in consideration all our 90 years and older Crowns, then I am sure of His grace we received so mildly. We can only thank our Lord for that.

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

DIE OUDSTE KROON WORD 104

    

Op 28 Februarie 2019 het die Krone almal saam met Betsie Beyers tee gedrink op haar 104de verjaardag. Regs is Annemarie saam met Betsie en die koek wat eersgenoemde gebak het.

Terselfdertyd het Kind to Hearing ‘n praatjie aangebied. Hulle self het ook koekies uitgedeel.

      

Mooi getooi in rooi vir Valentynsdag. Die inwoners is getrakteer met sing en vermaak wat deur Sonja Smith Begrafnisgroep geborg is. Hulle het ook sulke oulike eetgoedjies uitgedeel vir die inwoners. Die kersie op die koek was die lekker nagereg en wyn vanaf Kronendal en die bestuurder.

  

Die Inwonerskomitee het die afgelope tyd se nuwe intrekkers met ‘n tee verwelkom. Hier is elkeen se gesinne uitgelê sodat almal darem ‘n bietjie meer bekend is. Sodoende is ook van die komitee-lede bekend gestel.

 

BRIEWE VAN ONS LESERS

Kronendal,

Wat ‘n wonderlike span! By die ontvangs word jy bewus van ‘n hartlikheid. Jy, die onsekere kry ‘n gevoel van behorende tot ‘n tuiste wat jou sal akkommodeer ongeag jou tekortkominge. Inligting t o v die bestuur, die daaglikse program, aktiwiteite, die aandui van probleme, indien enige in jou woonkwartiere—jy word ten volle toegerus met die nodige kennis!

Kennismaking met die fisiese ondersteunig het my vroeg in die môre 06h30 na die afdeling van die verswakte bejaardes gelei. Ek het gevra of ek daar mag sit terwyl my man gestort word. Voortreflike personeel, voortreflike diens. Wat ‘n wonderlike gevoel! Hier is ons tuis.

Volkome gemoedsrus vir die verdere reis vir jou as bejaarde.

Baie dankie Kronendal! Julle neem nie—julle gee!

Die bekostigbare pryse—wat meer kan mens vra?

Gelukkige bejaardes.

Janet & Piet Stols 10 OQS

Baie dankie Janet & Piet dit is wonderlike woorde—Red

 

 

Beste Wanie,

Op Helena se verjaarsdag 29 Januarie 2019, het ons ons enigste kleindogter se huwelik bygewoon.

Hulle het die verrigtinge afgeskop met ‘n verwelkoming by die Monate Wilds-oord op Maandag 28 Januarie 2019.

Gedurende die oggend van Dinsdag 29 Januarie 2019, is ons met Monate- voertuie geneem na ‘n plek waar heerlike versnapperinge op ons gewag het. Dit was ‘n besondere kuiergeleentheid en kon die gaste mekaar beter leer ken.

Daarvandaan is ons geneem na die plek in die skadus van ‘n groot wilde vyeboom waar die huwelikseremonie plaasgevind het.

Die pastoor het ‘n gepaste beskrywing gegee van die rolle wat die man en vrou teenoor mekaar in die huwelik behoort te handhaaf.

Die ringe is na die bruidspaar gebring op ‘n kussinkie wat nog deur Oupa Patrick en Ouma Helena gebruik is met hul huwelik 67 jaar gelede.

Toe is ons weer na ‘n plek waar geskikte fotos geneem is van die bruidspaar en familie en vriende afsonderlik.

Wonderlik hoe die natuur so inpas om sulke blywende en pragtige fotos te kan neem.

By die onthaal het ‘n groot houtvuur ons ingewag met musiek waar ‘n dansbaan omring was met hangende ligte.

Met die aankoms van die bruidspaar, is hulle luid toegejuig en verwelkom as Mnr en Mevr Thomson.

Hulle het natuurlik die dansbaan geopen. Daarna is die toesprake afgehandel.

Oupa Patrick is gevra om die tafelgebed te doen. Voor die gebed het hy die Thomsons herinner dat God altyd met hulle sal wees.

Hy het afgesluit met die kindergebed in Afrikaans en Engels.

Daarna kon ons wegval aan die heerlike geregte wat ons aangebied is.

Na ‘n heerlike ontbyt die oggend van 30 Januarie 2019 het ons weer die pad gevat na ons wonings toe.

Patrick Fitzgerald 9HJL

Monate Game Lodge is op die pad na Marblehall.