Mei 2019 UItgawe 68

Dis weer stemtyd op 8 Mei en vir die Krone op 6 en 7 Mei. Ons Krone sien egter in hul gees die glorie en die almag van die Heer die Allerhoogste wat in liefde oor Sy koninkryk regeer, Hy’t belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer. Hy is Koning HY REGEER!

Nou waaroor sal ons nou bekommerd wees, ons weet mos wie regeer.

Baie dankie aan die kombuis, Inwonerskomitee en die 3 personeellede wat bygedra het tot die verversings tydens die afskeid van Chris en Karin.

Mag elke moeder, ouma, oumagrootjie ‘n lieflike Moedersdag geniet.

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

                                                                      TOTSIENS

                                     

Die Krone en personeel het van 2 bekende en gewilde personeellede afskeid geneem. Karin het 14 jaar hier gewerk en Chris 7 en ‘n paar maande.

Ons is dankbaar vir hul getroue diens gedurende hul diens-tydperk.

Ons sal Chris se fynere hand mis, veral al die mooi goedjies wat hy gemaak het tydens funksies. Hy kon hom tog so verdiep in sulke funksies. Hy is ook bekend vir sy deelname aan die Kansa Rooi Rose Tee-funksies. Hy het gewoonlik ‘n prys gewen.

Vir Karin sal ons onthou vir haar bereidwilligheid om oral uit te help.  Geen opdrag was vir haar te groot nie—sy het altyd met ‘n “bang” ingespring en haar opdrag uitgevoer.

Ons wens beide van hulle sukses toe vir hul planne vorentoe.

             

 

Totsiens Chris en Karin.

Wanie het ge-open, Susan het aan Karin haar dienssertifikaat en geskenk oorhandig en Quini het aan Chris syne oorhandig.

Viniah het aan Chris totsiens gesê en Christina aan Karin.

Ons sê graag baie dankie aan elkeen vir getroue diens.

Bo: Toerien Loubser, our new Maintenance/Housekeeping manager.

He is taking the position of Karin.

Believe me, he can do anything—even sewing and linen.

Hy is Annemarie se eggenoot en ons sal moet mooi dophou dat die twee nie op mekaar  se tone trap nie! Hier kan dalk ‘n onderonsie kom!!

Ons verwelkom hom graag en hoop hy sal baie gelukkig hier wees. Hoe dan anders, ons is mos een groot familie!