November 2017 Edition 50

2017 lê op sy rug en ons het heerlike reën gehad. Alles groei en dit is groen net waar jy kyk. Hoe sing ons? “O Heer my God as ek in eerbied wonder en al U werke elke dag aanskou. Die son en maan, die aarde, sterre, wolke, hoe U dit elke dag so onderhou..” Wat ‘n wonderlike genade is dit nie om Sy skeppingswerk te aanskou.

Baie dankie aan elkeen wat die Swart-Maandag veldtog ondersteun het. Ek is seker die van die Krone wat nie in swart geklee was nie, was nie ingelig nie.

 

Kroongroete/Crown  greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

 

           

Op 27 Oktober 2017 is die 1ste nuwe hysbak in gebruik geneem. Bo links lewer die bestuurder sy toespraak. Links knip Betsie Beyers die lint en regs bo word die 1ste rit deur Betsie, Heila de Beer, Quini, die Otis-ingenieur, die bestuurder en dr De Meulenaere geneem. Daarna het die sjampanjeproppe geskiet en die partytjie het begin.

Die knoppies in die hysbak is spesiaal ook vir blinde persone, daarom moes Heila dit uittoets.

      

Buite op die gras is ‘n nuwe skaakbord gebou en die bestuurder, Piet du Toit, en die personeel het dit ingewei.