April 2018 Edition 55

Dit al weer die einde van die 1ste kwartaal m a w ‘n kwart van die jaar verby. Ongelukkig het ons die afgelope maand  5 Krone verloor. Ons troos ons egter dat hulle genade in Jesus se arms gevind het.

Ek vertrou dat elkeen ‘n wonderlike en geseënde Paasfees beleef het.

Met Daleen se oefeninge 2 keer ‘n week, hoop ek dat ons Krone fiks en gesond gaan bly hierdie winter. Selfs die griepinspuitings  is gegee, dus is ons voorbereid op die winter.

Mag elke  Kroon en personeellid geseënd wees hier in Kronendal want deur Sy oorvloed ontvang ons steeds genade op genade.

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

      

Bo: Dis nou wat ‘n mens naaste-liefde noem. Elene Marneweck ontferm haar oor Babs Lemmer wat partykeer vergeet om te gaan eet of bietjie verdwaal. Elene het Babs elke dag so aan die hand.

Elene, baie dankie vir jou omgee. Elke dag is jy die vriendelikste persoon en gaan uit jou pad om ons personeel te groet. Wees verseker ons sien dit raak en waardeer dit.

         

Above: On the 8th of March 2018 we celebrated Elsa Cheesman’s (left) 100th birthday.  She was accompanied by her daughter, Anne, and her granddaughter, Anne Chamberlain.

Elsa who is a little bit deaf, only realised that it was her birthday when the manager told her so.

Elsa had 3 daughters of which only Anne, who is living with her, is still alive.

Elsa is very concerned about her daughter, Anne, ( 2nd picture) who is the oldest Down syndrome person in South Africa.

Annemarie and Karin were responsible for the birthday cake. Theonette Vogt sang her heart out for Elsa and the residents enjoyed tea with birthday cake.

4th picture:Some of the residents even danced .

3rd picture: Anne Chamberlain with Ouma Cheesman. Since Anne’s mother (Elsa’ 2nd daughter) died in 2014, she took over the caring for Ouma and Auntie Anne.

Elsa played the piano and violin. She was a vocal member of the Black Sash movement. She travelled extensively and was an intellectual, avid reader and artist. She presented numerous talks at the Thursday Forum.

   

     

In Maart het die Krone ‘n nuwe baba bygekry— ‘n apteek! Heelbo Links brei Johan van die Arrie Nel Apteekgroep breedvoerig uit oor hoe die apteek gaan werk.

Die opening is met verversings en sap gevier. Wouter du Toit, die bestuurder se seun, is die eienaar van die apteekgroep.

‘n Farmaseutiese maatskappy het ge-skenkpakkies uitgedeel asook pryse vir o a die oudste inwoner, meer as 60 jaar getroud en die inwoner wat gedurende daardie week verjaar.

Heelbo  regs: Die bestuurder en sy gade, Leonie.

Links onder: Cynthia Odendaal. Middel onder links: Betsie Beyers en  onder regs: Esther Theron

 

OUDERDOM

Ons almal het presies dieselfde storie: Ons word ouer….

Niks is uitsonderlik nie. Die lewe is swaarkry en blydskap, seerkry en vreugde.

 Moenie verdor nie, maar wees deel van asemhalende lewegewende skeppende geheel rondom ons. Maak sin van jou lewe. Moet asseblief nie ‘n moeilike oumens wees nie!

Jy is nie die eerste een wat sleutels soek nie, maar ook nie die laaste een nie!

Ons het baie vriendjies rondom ons, ons gehoorapparate, brille, loopringe, woorde ens. Ons wil so graag net intelligent voorkom!!

Die duidelike boodskap is nou: ons tyd is verby. Maar die Here is aanraakbaar en voelbaar naby. Elke oomblik is Hy by ons.

Ons kinders staan soos seders rondom ons. Vir elkeen sê ons innig opreg baie baie dankie. Julle is so goed vir ons en elkeen baie dierbaar. Die seën van ons Hemelse Vader bid ons julle toe.

So lief julle!

Annette Engelbrecht 4G