About


Kronendal is a provider of assisted and independent living for senior citizens , located in Arcadia , Pretoria . Our aim is to provide quality care and to give a meaningful life to our residents , a place where they can be part of an extended family who handle them with respect and value .

The history of Kronendal is set out in one of our residents ‘ own words:

Ek is trots op Kronendal deur Willem Schoombee

Ek is onbeskaamd trots op my Kronendal. Dit is my aftreetuiste; hier is ek tuis en hier wil ek graag my laaste dae deurbring saam met my portiers wat ook trots is om Kronendal hul tuiste te noem. Ek kan n lofsang oor Kronendal aanhef, maar ek vertel julle graag van n paar van sy talle unieke prysenswaardighede:

*Kronendal het, soos n goeie stoetperd, n indrukwekkende “pedigree.” Vir diegene wat nie weet nie, vertel ek graag Kronendal se storie . Kronendal se totstandkoming was n geloofsdaad. In 1977 het die gemeente Arcadia die hotel Kronendal vir R2 miljoen gekoop om dit in n luukse aftreetuiste vir bejaardes te omskep. Daar is beoog om die 250 kamers te verkoop teen pryse wat gewissel het van R7 700 tot R16 000. n Heffing van R100 vir etes en dienste was betaalbaar! 

Die gemeente Lynnwood onderneem om die tuiste te bemark, maar kon nie die beoogde mikpunt binne die afsnytyd haal nie. n Onbekende weldoener tree na vore en verskaf die nodige sekuriteit om die tuiste op die pad na n winsgewende onderneming te plaas.  Op 1 Junie 1977 begin Kronendal-aftreetuiste amptelik te funksioneer. In die daarop volgende jare het die tuiste van krag tot krag gegaan om uiteindelik die kroon te span as die aftreetuiste in Pretoria. In 1985 skenk een van die inwoners, mnr Cock Korsten, die ruim en gesellige sonkamer. Verbeterings en vernuwing geskied deurlopend.

Toe kom die rampspoedjaar 2012. Sonder toestemming van die inwoners, wat ook aandeelhouers is, wend die destydse bestuur pogings aan om die Kronendal-gebou te verkoop. Op n dramatiese inwonersvergadering word besluit om die bestuur summier af te dank. n Nuwe topbestuur, gerugsteun deur n deurwinterde direksie en geesdriftige inwoners, neem oor en word die tuiste met groot welslae na sy eertydse glorie herbou.

*Kronendal se inwoners het in die krisisuur, soos een man, die stang vasgebyt en hulle ten doel gestel om die wenbeeld van ons tuiste wereldkundig te maak deur n boodskap van trots en optimisme uit te dra. Hulle kla nie onder mekaar of na buite toe oor die onbenullige klein dingetjies wat nog pla nie en wat in die herbouproses uitgestryk gaan word. Hulle nooi hulle vriende om te kom kyk wat Kronendal aanbied. Met trots vestig hulle vriende se aandag op die pragtige tuin; die weelderige ontvangsarea met sy skitterkandelare; die knoese sonkamer; die gesellige eetkamer wat jou nooi om aan te sit vir drie etes per dag; n versorgingseenheid en siekeboeg met 37 jaar se onbeproke mediese diens. Ruim woonstelle met panoramiese vensters, waarvan sommige uitsig bied oor die Magaliesberg of die nagtelike middestad se liggiefees, dra by tot die lewenskwaliteit van sy inwoners. 

*Kronendal het eintlik nie inwoners nie. Nee, hulle is n hegte gemeenskap, n unieke gesin, wat veel groter is as die individu. Hulle gee om vir mekaar en toon n onwrikbare lojaliteit aan hulle tuiste. Daarvan getuig die selflose diens wat lede van die verskillende komitees wy aan selfopgelegde take wat bydra tot die geluk en welsyn van almal.

*Kronendal leef die Christelike etos van sy stigters uit. Daar word elke Sondag n erediens en Woensdae n biduur gehou, gelei deur een van die gemeente Arcadia se predikante. Vergaderings word met gebed geopen. Die Christelike tradisie word hier voortgesit.

*Kronendal bied ongeewenaarde gerief en veiligheid aan, waar al sy geriewe onder een dak saamgetrek is.  

Met so n stamboom, met sulke lojaliteit en met sy onmiskenbare Christelike etiek, kan ek my bors met trots uitstoot vir my Kronendal. Mense, geniet julle voorreg om lid te wees van hierdie besonderse aftreetuiste, wees lojaal aan die nalatenskap van sy stigters en wees trots op julle tuiste met sy unieke geskiedenis.