Kronendal Aftree-oord

Oktober 2016 Uitgawe 38

die kroon

Now we are looking forward to our Spring day! I just want to see smiles and happiness the whole day. Try to wear colourfull clothes that will remind us of Spring. You may even wear hats. If we’ve got music, please  make a few dance steps. The world must see we are blessed with happy Crowns.

Continue reading

September 2016 UItgawe 37

die kroon

Ai dis so jammer, ons het alweer 4 Krone verloor. Sterkte aan hierdie families. Ons het darem weer 4 Krone bygekry. Baie welkom aan hulle. Antoinette Austin was al 2 maande terug op ons nuwe intrekker lys, maar weens omstandighede kon sy nou eers intrek.

Continue reading

Augustus 2016 Uitgawe 36

die kroon

Ongelukkig was ek mos met ‘n kort vakansietjie toe al die Krone so lekker tee gedrink het saam met John en Anne. I therefor wish them a very happy and relaxing final retirement. I am so pleased to see him sitting in the sun with Anne.

Continue reading

Julie 2016 Uitgawe 35

die kroon

Nou is ons in die middel van die winter en weereens (1 Tim 1:14) was die genade van ons Here baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Jesus Christus is. The grace of our Lord was poured out on our Crowns abundantly, along with the faith and love that are in Christ Jesus.

Continue reading

Uitgawe 34 Junie 2016

die kroon

I hope each Crown mother had a wonderful Mother’s Day because our Crown mothers need the best. They are all so beautiful and we all love them very much.

In June we have our Annual General Meeting of the Shareholders. I hope that everything will run smoothly and we are looking forward to a wonderful evening together.

Continue reading

Uitgawe 33 Mei 2016

die kroon

Ek wil sommer met die intrap namens al die Krone vir ons groepie nuwe Krone baie hartlik welkom heet!  Ek wil graag ook vir julle ons Algemene PIN-nommer gee nl 4116. Die 4de Evangelie, die 1ste hoofstuk, die 16de vers—In Sy oorvloed ontvang ons Genade op Genade./Out of His fullness we have all received grace in place of grace already given.

Continue reading

Maart 2016 Uitgawe 31

die kroon

Autumn is here but still we are experiencing  heatwaves and believe me the trees in my garden started  getting rid of their leaves already! What do our Crown weather forecasters  have to say about this. Is that God’s way of saying He is still in control.

Continue reading

Februarie 2016 Uitgawe 30

die kroon

Op 28 Januarie 2016 het die Algemene Jaarvergadering van die Inwonerskomitee plaasgevind. Alles het goed afgeloop en almal het heerlik saan verkeer want Chris en Annemarie het weer uitgehang.

Ons sê graag baie dankie aan elke komiteelid wat hul pligte so getrou nagekom het gedurende 2015.

Suster Dyer het by ons aangesluit om na  die Krone van vloere 3 tot 10 se welstand om te sien.  Ons wens haar sterkte toe met al die Krone se klagtes—onthou sy gee die blou bottel vir die stoutes!

Mag elke Kroon en personeellid weereens die genade van ons hemelse Vader in Februarie ervaar.

Groetnis

Wanie (Redakteur)

 

Urtels

Bo: Geloof, hoop en liefde is duidelik te sien op Rudi en sy ma, Hannetjie Urtel, se gesigte.

Hannetjie was ‘n nooi Wentzel van Bloemfontein Hier het sy haar skoolopleiding en handelskursus voltooi. Later is sy met ‘n ingenieur getroud. Uit die huwelik is 2 seuns en ‘n dogter gebore.

Hannetjie het haar toegespits op die eiendomsmark in Margate waar hulle ook nog vir 10 jaar na hul aftrede gebly het. Hulle was 55 jaar getroud toe haar man haar ontval het. Sy en Rudi het toe na Sunrise View verhuis .

Deur haar onwrikbare geloof het Hannetjie Rudie deur ‘n ernstige siekte gedra en vandag getuig sy met daardie mooi glimlag van haar wonderwerk—Rudi. Hy het ook 2 jaar gelede ‘n ernstige heupoperasie ondergaan en kyk net hoe loop hy nou!

Die twee word toe 01/10/2013 Krone, waaroor ons almal baie bly is.

Haar dogter Helga, ‘n ekonoom, is ook bekend hier want sy was getroud met oorlede Schalk van der Merwe wat ook ‘n Kroon was.

Isabel Joubert

Bo:Kyk net hoe word die Kronendal busstop gebruik! Isabel sit heerlik en lees in die koelte terwyl sy wag vir haar dogter.

Beatrice en kinders

Bo: Die Karnallie-kroon , Beatrice, het haar 90 jaar saam met haar dogter, Riëtte, en kleindogters gevier. Elke inwoner en personeellid het ‘n “cup cake” gekry. Baie dankie daarvoor!

Op 90 is sy nog nie ontslae van daardie stout streep nie, maar dit is vir ons wonderlik want op 90 mag jy maar stout wees!

 

Kronendal span die Kroon

Ons eet lekker in Kronendal!  As die wielietjies vroegoggend begin rol en die oues hinke-pinke uit die hysers stap, is daar net een bestemming waarheen “gehaas” word en dis ontbyt toe. Die kokke en kelners is al van vroegoggend op hul pos in die kombuis. Die kombuis is die enjinkamer van ons tuiste wat die oumense elke oggend woema gee om aan die gang te kom.

Loer ‘n mens na die brekfisspyskaart lyk dit soos ‘n vyfsterhotel s’n en verstaan ‘n mens waarom die eetsaal soggens so vol is!  ‘n Glas heerlike vrugtesap verwelkom jou. En dan kom die pappe. Elke oggend word een van drie soorte slappap bedien  wat afgewissel word  met hawermout, mieliepap en mabella, almal sonder klonte!   Of jy het ook ‘n keuse  uit vyf soorte graanpap, bedien met koue of warm melk.

Maar na die pap kom die kersie op die koek: nou kies jy  elke oggend   een uit vyf variasies van hoe jy jou eier verlang, nl. gebak, omgedraai of blinkkant bo, gekook, hard, sag of medium,  roereiers, of ommelet.

Hier is dit n geval van probeer en troffe, want hoe onderskei ‘n bedagsame kelner nou tussen ‘n hard gebakte of hard gekookte eier en een wat die bord vol gaan loop? Saam met jou keuse van eiers, wag daar elke oggend ‘n verrassing:  hoenderlewertjies, skelvis, ‘n varkworsie, ‘n Vienna, spek, of visvingers. Disse word afgewissel en waarvan jy een dis elke oggend kan kies. Tradisioneel word ontbyt afgesluit met koffie, en as jy van ‘n vreemde kultuur is, dan tee.

Tee- of koffietyd in die oggend of die middag, is in ons reuse sonkamer met sy vloer- tot dakvensters, wat uitkyk op ‘n groot lowergroen grasperk en ‘n roostuin wat elke tuinier jou sal beny. Dis dié tyd wat die tantetjies kringetjie vorm en  ywerig klets, maar darem tussenin tyd kry om  verwoed te hekel of te tiekel. Ander kom koffie of tee drink want dan kry hulle kans om te lees, oor hulle krankhede te gesels of  te kla oor kinders wat nooit kom kuier nie! Sommige bring eetgoedjies saam en as jy ‘n vol sonkamer wil sien, sal die bostelegraaf die nuus gou-gou versprei dat daar  koek en tertjies by die tee gaan wees!

Die noenmaal sluit in sop en bekende boerekos soos bobotie of skaapvleisbredie, frikadelle, ontbeende varkribbetjie, gebraaide of kerriehoender, gebakte vis of kerrievis, wat in die kombuis warm in jou bord geskep word.  Daarby kom minstens drie groentesoorte en drie slaaisoorte waarvan jy self inskep soveel as wat jy wil hê. Nagereg, koud of warm, en ‘n koppie koffie of tee, sluit die middagete af–die voorspel tot ‘n behaaglike uurtjie of twee se skuinslê voor dit weer koffietyd is.

Sondae word ‘n tradisionele noenmaal voorgesit, van sop en ‘n keuse uit enige twee van skaap- bees- varkboud of hoender. ‘n Vrugtekelkie nooi jou uit om te kom aansit. Dan is daar die gebruiklike drie slaaie en drie soorte groente. Die nagereg is gewoonlik ‘n warm gebakte poeding van velerlei aard.

Die ligte aandete is vol verrassings: watter ander ouetuiste sit vir jou tuisgemaakte pizza voor of pap en boerewors? Dan kan jy enige tyd na aandete of selfs deur die nag vir jou ‘n beker warm sop in die sonkamer gaan skep. (Sommer in jou nagkabaai as jy kans daarvoor sien!)

Nee kyk, in Kronendal eet ons lekker en party van ons dalk te veel!

In ag genome dat Kronendal se kombuis  meer as  450 etes per dag voorberei, moet ‘n mens verwag dat daar glipsies soos halfwarm koffie of pap sal wees, dat die beesvleis nie altyd so sag is nie. Jy moet maar die talle klein duiweltjies verduur wat ‘n ete kan versuur, want  terwyl jy drie keer elke dag ‘n feesmaal geniet, staar honger oë van oorkant die straat na Kronendal se oorvloed.         Willem Schoombee 9PR

 

Die Stories van die Drie Bakkies

         Madder Steyn.

Daar was eendag drie bakkies. (Nie drie Varkkies)  Hulle van was “Hys” en het gewoon in ʼn Dal, net onderkant die plek waar snaakse besluite val.

Hul huis was net so oud soos die slote van die “Dal” en wou oral uitmekaar uit val. Toe huur hul ʼn man met ʼn snaakse van. Sy reuse taak was om alles reg te maak.
Die bakkies, weer, se daaglikse vrees, was om die KRONE tot diens te wees.

Hierdie “krone” sorteer in ʼn snaakse sone. Noem hulself mense en dink net aan hul pe…se!  Presies net daar begin al drie Hyse se gryse en smart! Dit gryp mens eintlik aan die hart. Die een kroon wil op, die ander een wil af. Die een is olik, die ander is weer vrolik. Die een juig oor als, die ander kerm weer oor ALS!

Ouboet Hys se naam was Kameel. Sussie se naam was Knyp. Boetie se naam was Spring.

Ouboet Hys moes altyd die swaarste dra en moes gedurig nuwe parte vra.

Sussie Knyp wou altyd katte inni donker knyp, veral op die tweede vloer. Dan wag sy vir iemand om in te loer en haar met ʼn lekker druk te voer.

Boetie Hys was ʼn vrolike knaap. Hy hou daarvan om op of af te spring. Dit was vir jou ʼn snaakse ding. Die Krone was vir hom bang. Sê nou ʼn poot of wiel word vasgevang!  Daar was driewiele, vierwiele, vier pote en twee pote. Daar was ook nog een stok en geen stok. Almal vasgevang in dieselfde hok!

Van al daardie goed gepraat, dit was vir jou ʼn ander saak. Hul laai die Hyse hopeloos te vol en dan begin dinge regtig lol. Wie moet in en wie moet uit? Vir oues ʼn moeilike besluit. Dan kry jy weer die wat kerm en die wat hul ontferm.

Intussen betaal die arme Hyse baie dure pryse. Die een gaan staan, die ander sit vas in sy raam EN, die man van Otis-faam sit gerieflik oppie maan!

En die “moral of the story is”: Wees meer geduldig, PLEASE!

Kronendal is ons woning en VREDE is hier KONING!!!!!