Akkommodasie


Kronendal Aandeleblok Maatksappy Beperk verskaf bewoningsreg aan ongeveer 230 senior burgers. Hierdie bewoningsreg is gekoppel aan n aandeel in die maatskappy wat meebring dat die bewoningsreghouers die enigste aandeelhouers en dus besitters van die maatskappy is.

Die eenhede waarvoor bewoningsreg verkry kan word bestaan uit een-, twee- en drie kamer eenhede met privaat badkamer en toiletgeriewe wat aan die Noorde- en Suidekant van die gebou is.  Ons pryse begin so laag as R 99 756.00 vir ‘n een kamer eenheid tot en met R442 166.00  vir ‘n 3 kamer eenheid met privaat badkamer en toiletgeriewe.

Die voornemende koper moet n mediese verslag indien van sy of haar mediese dokter. Mediese versorgingskoste word apart van die normale heffing bereken, kontak ons gerus vir pryse en meer inligting hieroor.

Met opsegging of afsterwe van n inwoner is die bedrag van die “bewoningsreg” terugbetaalbaar aan die koper se boedel.

Vir ‘n volledige prys uiteensetting en vloer planne, vul asseblief die onderstaande vorm in.

KONTAK ONS

Jou Naam (verpligtend)

Jou E-pos adres (verpligtend)

Telefoon No (verpligtend)

Boodskap