September 2015 Uitgawe 25

die kroon

Kyk net hoe stel die WP my teleur! Nietemin, aan al die Bloubul en Cheetah ondersteuners, julle spanne het mooi gespeel!

Lente is in die lug, alles lyk mooi en vrolik en al die Krone het ‘n wip in hul stap, selfs Susan het ‘n ekstra wip—wonder hoekom?

Sterkte aan Oumies, die Versorgingseenheid en die Kombuis vir die algehele inspeksie van Kronendal. Ons waardeer julle moeite en ekstra pogings wat julle insit om Kronendal  die perfekte aftree-oord te maak.

Ek vertrou dat elke Kroon die genade van ons Hemelse Vader sal ondervind gedurende hierdie Lente-maand.

Groetnis

Wanie (Redakteur)
Cynthia en Renier

n Bekende gesig in Kronendal is Cynthia Odendaal wat haar man, Renier, in die rolstoel rond stoot en so mooi by die etenstafel help.

Hulle is sedert  1/04/2006 Krone, hier geplaas, glo ek, deur ons Hemelse Vader. Hulle het na ‘n aftree-oord in Pretoria kom kyk maar het verdwaal en hier beland, waarvoor ons baie bly is.

Cynthia was ‘n Engelse nooi Courtney van Johannesburg, een van 6 kinders. Sy het by die Afrikaanse Pers gewerk en sodoende Afrikaans leer praat.

Renier kom ook van Johannesburg, het by Linden Hoër gematrikuleer, en ’n baie aktiewe loopbaan gehad voordat hy ‘n parapleeg geword het.

Hoe die 2 ontmoet het is ‘n oulike storie. Hy sit eendag as jong man op sy bakkie se buffer voor sy ouma se winkel in Kensington. Buite speel ‘n seun en daar kom ‘n dogter in ‘n wit broekie aangery op ‘n fiets. Sy gaan sy ouma se winkel binne. Renier vra toe die jong seun om vir die dogter vir ‘n “date” te vra vir die aand. Die seun lag en deel Renier mee dat dit sy suster is en nog op skool is. Hy maak toe die afspraak en Renier gaan toe die aand na Cynthia se huis.  Die 2 kyk toe na datums op ‘n kalender en Cynthia se ma kom in en wou weet of hulle ‘n troudatum vasstel. Sy blaai toe 2 maande op die kalender aan en druk op ‘n datum vir hul troue. Renier sê hy het nooit ouers gevra nie, maar hulle vir hom! Hulle is in 1956 getroud, het 2 kinders – ‘n advokaat en ‘n rekenaar-fundi.

Proe komiteeKarin Weideman het vir Koekedoor ingeskryf. Sodoende het die “Proe-komitee”, bestaande uit Chris, Susan, Ronnie, Oumies en Wanie, ontstaan

Kronendal Aftreesemtrum,seniors,versorgingOp 14/08/2015 het die Krone saam met mede Suid-Afrikaners gebid vir ons land. Die biduur is onder die Lapa gehou.