Junie/Julie 2017 Uitgawe 46

Hierdie uitgawe dien vir 2 maande aangesien die Gedenkuitgawe van Kronendal se 40ste bestaansjaar in Junie uitgegee is.

Was dit nou nie ‘n heerlike feesviering nie! Almal was vrolik en het die regte gees openbaar. Die volgende week het ons weer partytjie gehou met die Algemene Jaarvergadering. Dit het ook baie goed afgeloop en die Krone kon nie wag vir die kos nie!

Ek moet ongelukkig weer so ‘n bietjie met siekverlof gaan en sal in Julie weer terug wees.

Ek hoop al die Krone het ‘n aangename en snoesige wintertyd en dat ons almal deur Sy genade gespaar sal word.

 

Kroongroete/Crown  greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

 

           

 

Bo: Op 7 Junie 2017 vier die Krone hul tuiste se 40ste bestaansjaar. Die Krone het heerlik geëet aan ‘n 4-gang maaltyd. Die bestuurder het almal welkom geheet waarna dr Braam le Roux die tafelgebed gedoen het. Dr Chris de Muelenaerehet namens die Direksie ‘n rede gelewer en Quini Myburgh het die bedankings gedoen. Oud-bestuurder Pieter Badenhorst en Oud-matrone Saar Lessing(bo) was ook teenwoordig. Die media was teenwoordig deur Beeld, Rekord, Solidariteit en Plus50. Van die borge was ook teenwoordig.

Aan die einde is die verjaardag koek deur Betsie Beyers gesny.

Nee kyk, daar sal nog lank gepraat word oor hierdie noenmaal!

 

 

DANKBETUIGINGS

Just to say a huge thank you to the manager and all his wonderful staff who helped make our luncheon so very special—it really was much appreciated.

May Kronendal go from strength to strength,

Regards,

Antoinette Aystin 10Y

 

Hiermee my opregte dank aan die bestuurder en personeel vir die puik funksie ter viering van die 40ste bestaansjaar van Kronendal.

Die organisering daarvan het my absolute bewondering afgedwing! Daar is aan die fynste besonderhede aandag gegee en terwyl al die voorbereiding plaasgevind het, het die normale werksaamhede nog voortgegaan. Ons het nog steeds ons kos betyds gekry en die volgende oggend was alles weer reg gestel, die saal opgeruim en die ontbyt betyds bedien. Dit wil gedoen wees. Al die moeite en fyn beplanning het nie ongemerk verby gegaan nie.

Dankie vir die keurige Feesblad, die koek wat Karin gebak het, die pleknaamkaartjies, die ongelooflike ruikers, die kaas en beskuitjies en die flinke bediening. Die kelners verdien ‘n spesiale woord van dank. Die spyskaart was deeglik beplan en elke gereg was heerlik, met dank aan Chris en Annemarie en die kombuis personeel.

Nogmaals hartlike dank vir ‘n geleentheid om nog lank te onthou!

Lorein Winter 4H

 

Baie graag wil ons ons innige dank en waardering uitspreek teenoor almal wat verantwoordelik was vir die wonderlike 40-jarige feesviering van Kronendal.

Woorde ontbreek ons—die blomme, die versiering in die pragtig gedekte lang tafels, die sjerrie met ons aankoms, die wyne en sap, die gestolde slaai en warm ete. Die nagereg was die kersie op die koek!

Die kelners verdien ‘n pluimpie vir die flinke bediening.

Ongelukkig kon ons nie dit maak om by die verjaardakoek, kaas en beskuitjies te bly nie. Lofliedere was daaroor gesing!

Nogmaals baie dankie vir die onvergeetlike fees!

Ds & Mev TF Dreyer 6OQS

 

 

· Baie inwoners het persoonlik kom dankie sê en hul tevredenheid betoon maar ons sê almal baie dankie aan ons Hemelse Vader wat dit vir ons moontlik gemaak het.

·  Baie dankie ook aan ons borge.

· ‘n Baie spesiale dankie aan Chris en Annemarie tesame met hul personeel wat so getrou hul werk gedoen het.Alles het so mooi gelyk.

· Baie dankie aan die bestuurder en sy gade vir hul bydrae

—Red.