Oktober 2019 Uitgawe 73

Dis Jakaranda-tyd, al het ons van Augustus af warm weer gehad, is die 1ste dag van Oktober maar kouerig.

Vrydag, 4 Oktober hou ons die jaarlikse lentebraai. Daar gaan heerlike musiek wees en ons wil net almal vrolik en dankbaar wees vir alles wat ons so reiklik ontvang.

Together with that, South Africa will play against Italy at the  Rugby World Cup in Japan. May the best team(Bokke) win. Our Crowns can watch the game on the big screen at 11h45.

A great thank you to our sponsers making this lentebraai possible. Our manager is enjoying the beautiful flowers at the Western coast  of the Western Cape. Hope he’s having a wonderful time.

Hierdie week neem ons ook afskeid van Elliot van ontvangs/sekuriteit, wat aftree na 39½ jaar diens. Mag hy ‘n rustige en wonderlike aftrede geniet.

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

        

 

Bo: Mari Dreyer is hier by haar familie  wat saam kom tee drink het op haar verjaardag. Regs bo help haar dogter, Heleen, haar om die koek te sny. Almal teenwoordig het ‘n stukkie koek gekry. Mari se kleindogter van Denemarke was ook hier.

Die bestuurder het die gelukwensing gedoen, Bets Faure het namens die Inwonerskomitee opgetree en die Versorgingseenheid se koor het gesing.

Heleen het namens Mari ‘n porselein geskilderde bord aan Kronendal oorhandig. Dit is in die eetkamer opgehang.

Baie dankie aan Johan van Arrie Nel Apteekgroep en die Mediese verteenwoordigers van Aspin wat van die dag se gebeure geborg het.

  

Jaco het sy vuurdoop gehad en moes die koek bak! Baie goed, Jaco! Nou weet ons ons kan maar ‘n troue hier hou—jy is reg vir die troukoek!

    

Op Vrydag, 13/09/19 is daar weer druk pannekoek gebak. Daar was geen sprake van bygelowe nie. Hier rol en pak Esther en Wanie en kan nie voor bly nie. Dit het ekstra lekker gesmaak, veral vir die bestuurder. Wat kan dan lekkerder wees as pannekoek met aarbeie en roomys

  

Na amper 40 jaar het Elliot van Ontvangs totsiens gesê en gaan rus.