September 2019 UItgawe 72

Spring is here!  Unfortunately it started without water! This is terrible but again the Kronendal staff worked as a team to let everything run smoothly. The only hiccup was not having a bath.

Many thanks to all the staff who worked so hard carrying water over the past weekend. The borehole had to work overtime.

Toerien, Matron Sandra and Annemarie, you and your staff were excellent! Despite all these problems, the laundry did their washing. Thank you so much.

I hope the rest of our Spring month will be  without water problems, the borehole can focus on the garden and the residents can enjoy a lovely September.

Again we were blessed with the  grace  of our Lord.

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

       

Op 18 Julie het die Medikliniek Harthospitaal ons Krone kom besoek vir hul 67 minute gemeenskapsdiens. Hulle het warm sokkies uitgedeel. Links bo verduidelik Matrone Sandra aan Marié Dreyer waaroor dit gaan. Marié is ons volgende 100-jarige. Tweede bo is dit weer Betsie Beyers (104 jaar) se beurt. Ons hartlike dank aan die Harthospitaal se personeel vir ‘n wonderlike gebaar.

 

    

Left: John Rogers is doing his 67 minutes community service each day! He is looking after the roses. He pruned it, gave it some compost, rose food and love. Thank you John, we hope we’ll have beautiful roses this season.

  

Marié Dreyer word 100 op 18 September 2019.

Hieronder is haar mooi le-wensverhaal.

Sy is ‘n Kroon vanaf 1 November 2000.

Marié, mag jy ‘n wonderlike dag hê en baie geluk!

Marie Dreyer (nee Brits) is op 18 September 1919 op Dullstroom gebore as een van 5 kinders. Sy voltooi haar laerskool jare op Dullstroom waarna sy haar Senior Sertifikaat in Desember 1937 aan die  Hoër Volkskool Heidelberg  behaal. Dit is dan ook hier waar sy haar toekomstige man ontmoet het. ‘n Getuigskrif van die skoolhoof dui daarop dat sy toe al ‘n uitblinker was wat op sport-, kulturele en akademiese gebied presteer het.

Daar was geen twyfel by haar oor ‘n beroepskeuse nie en aan die einde van 1941 behaal sy  ‘n BA graad in Sosiale Werk aan die Universiteit van Pretoria. Sy was een van die eerste studente wat hierdie kwalifikasie aan die universiteit behaal het en kon met humor en nostalgie staaltjies vertel van haar studentelewe  en die fase in haar lewe wat die begin was van ‘n lang loopbaan as Maatskaplike Werker.

Haar eerste aanstelling as jong Maatskaplike werker was by die Johannesburg Algemene Hospitaal  waar sy baie gou met die maatskaplike probleme wat  tydens die oorlogsjare in SA ontstaan het gekonfronteer word. Sy was betrokke by die stigting van vele organisasies wat opheffingswerk onder armblankes  gedoen het en het dan ook dikwels  staaltjies vertel van hoe sy vroue ingewag het wat geld op honderesies wou verwed in stede van om kos vir hulle kinders te voorsien!

‘n Lang loopbaan in diens van behoeftige en mense in nood het gevolg. Sy was onder andere 10 jaar verbonde  aan ‘n skool vir kinders met verstandelike behoeftes te Dullstroom vir wie sy naaldwerk klasse aangebied het. Gedurende hierdie tyd is haar drie kinders gebore.

Na vele jare het sy weer by Kreupelsorg in Pretoria gewerk en gehelp om skole soos Nuwe Hoop tot stand te bring. Haar liefde en deernis vir mense met gestremdhede was alom bekend en sy het hard gewerk om fondse in te samel om mense se lewe makliker te maak en hulle menswaardigheid te behou.

Na ‘n lang loopbaan tree sy uiteindelik af as Maatskaplike Werker by Kinder Noodlyn op die ouderdom van 78 jaar. Haar gesondheid het sodoende verswak dat sy nie meer kon werk nie. Stilsit was egter nooit deel van haar lewensfilosofie nie en as inwoner van Kronendal Aftree-oord  vir vele jare het sy voortgegaan met haar jarelange stokperdjies nl. porseleinskilder en naaldwerk.

Marié moes vele tragedies in haar eie lewe oorkom waarvan die afsterwe van haar twee seuns binne ‘n tydperk van 13 maande sekerlik die grootste was. Sy het fisies verswak en is aan haar bed gekluister die afgelope 3 jaar maar bly blymoedig en dankbaar . Daar kan met reg gesê word dat sy ‘n formidabele vrou is. Op die vraag van hoe sy dit reg gekry het om so oud te word is haar antwoord altyd “Genade van Bo, omgee vir ander en bly besig so lank as moontlik!”

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

SONDAG VIR GESTREMDE PERSONE

Op Sondag, 25 Augustus 2019 (laaste Sondag van Augustus) het die Kronendal-been van die NG Gemeente van Pretoria saam met baie kerke en geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika “Sondag vir Gestremde Persone” gevier.

Ds Braam Le Roux het ‘n wonderlik toepaslike preek gelewer uit Openbaringe 21 en klem gelê op die feit da tons almal, veral hier in Kronendal met een of ander “gestremdheid” leef, maar dat die Here ons almal insluit.

Een van die gestremde lidmate het bietjie vertel van die projek en het die Pretoria Gemeente bedank dat die Kronendal-lidmate deel van hierdie gemeente kan wees. Die boekie, “The Church and Disability” is aan die predikante van die gemeente oorhandig.

Daar is ook aandag geskenk aan hoe die Kronendal-lidmate ingesluit word in die Pretoria gemeente, die wonderlik fisiese toeganklikheid van Kronendal se Sonkamer en hoe die Bybel gestremde en kwesbare bejaardes nie uitsluit nie.

Die vertroue is dat ons dit weer volgende jaar kan vier en dalk klein afgevaardigdes van die ander dele van Pretoria-gemeente kan nooi om die dag saam met ons deur te bring.

Heila de Beer