Augustus 2019 Uitgawe 71

The stand-up calendar  on my desk was turned to the next 6 months of the year—2019 going downwards. Soon we’ll see blooming trees. 

We lost 4 Crowns  but we know these late residents  wishes were to be at rest.  Their ages were 101, 97,93 and 79. That shows you—our care here in Kronendal is of highest quality. 

Dis maar lekker koud, maar ons het darem elk ‘n warm bed en lekker Kronendal kos. Wat ‘n voorreg is dit nie. Baie dankie aan hulle wat dit voorberei.

Ek hoop elkeen het ‘n lieflike Augustus en sien uit na die Lente wat in aantog is. 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

  

Willie en Nelie Enslin, van ons nuutste Krone.

Willie is gebore in Mafikeng maar het op Parys skoolgegaan. Daarna het Pukke vir hom gewag—chemiese ingenieurswese. Na sy studies het hy by Amcor begin werk en daarna Triomfkunsmis. Hy het veral in chemiese en petrochemiese ingenieurwese gespesialiseer in die waterindustrie. Vir die laaste 15 jaar, voor sy finale aftrede, het hy by Secunda gekonsulteer en daarna  het hy nog 4 jaar  deeltyds oral uitgehelp.

Nelie is ‘n Bloemfonteiner. Sy het aan Unisa en Trinity Kollege Londen gestudeer en was ‘n musiekonderwyseres op Germiston en Alberton. Verder was  dit net wonderlik om ‘n Mamma te wees by die huis.

Hierdie twee mense het mekaar in 1990 ontmoet en is in 1992 getroud. Beide het 3 kinders uit vorige huwelike—5 seuns en een dogter. Ek glo hierdie dogter word nou nog baie bederf en is nog steeds die appel van Willie se oog. Daar is ook 8 kleinkinders en Oupa en Ouma Enslin is baie trots.

Ons is bevoorreg om hierdie twee as Krone te hê vanaf 1/2/2019.

         

Nee kyk, in die Versorgingseenheid kan die personeel saamstaan.

Daar het ‘n pyp gebars in een van die kamers en soos blits het die versorgers ingespring om te help vloer opdroog. Dankie, span!

 

Aan: Matrone Versorgingseenheid     

 

Baie dankie vir die vriendelikheid, die wonderlike hulpverlening. Dit is ‘n voorreg om probleme met die suster(s) te bespreek. Dit kan nie anders dat ‘n mens tot die wete kom: die pad vorentoe namate die ouderdom sy tol eis, sal met die nodige deernis hanteer word, ‘n wonderlike gerusstelling!

Ek is genoodsaak om my waardering t o v die volgende persone uit te spreek:

William, Attie en Prins.

Hulle is vir die stort van my man Piet Stols verantwoordelik.

Puik werkers!!

Baie geluk aan diegene wat hulle aangestel het!! Dit kort besondere insig om fyn te kies.

Nogmaals ons dank en opregte waardering.

Janet Stols.