Julie 2019 Uitgawe 70

Sjoe! Dis winter en koud. Nietemin loop almal met ‘n glimlag rond net soos dit ons Krone betaam.

Die Jaarvergadering het vlot verloop met heerlike eetgoed daarna. Baie dankie aan ons Direksie en bestuur vir nog ‘n jaar van sukses. Baie dankie ook aan Annemarie, Jaco en hul personeel wie gesorg het dat almal se magies goed gevul is.

Ek hoop almal bly gesond in Julie  en neem asseblief die vitamines en griepmedikasie, ons wil ons Krone behou.

Mag al ons Krone en personeel  veilig bewaar word , want ons beteken so baie vir mekaar. Ons is almal deel van ‘n Kroon-familie.

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

 

  

Susan Alheit het pas ‘n Kroon geword—nog ‘n Sunrise Viewer wat na Kronendal verhuis het.

Susan is Madder Steyn se suster. Hierbo drink die twee saam tee.

Hulle is gebore te Swartruggens en het daar skoolgegaan. Hul vader was ‘n onderwyser.

Susan het verpleging gaan studeer by die Nasionale Hospitaal te Bloemfontein. Sy het ook op Ventersdorp by spreekkamers gewerk.

Sy is later getroud met ‘n onderwyser. Met aftrede het hulle hul op Witbank gevestig.

Sy het twee kleindogters wat wonderlik na haar omsien.

Dis wonderlik om hierdie broer en suster saam te sien—soveel omgee.

Ter inligting: Nog twee Krone wat broer en suster is, is Danie J van Rensburg en Empie  Maritz. Danie help sy suster ook waar hy kan.

 

     

Jaco het besluit die inwoners moet partykeer braaivleis eet. Jaco, Eric en Esekiël was die braaiers maar Viniah kon nie help om te kom “supervise” nie! Dankie Jaco ek dink dis ‘n “great idea”!