Junie 2019 Uitgawe 69

Wat ‘n belangrike maand! Die Comrades Ultra Marathon is op 9 Junie, op 16 Junie is dit Vadersdag en Jeugdag en op 18 Junie is dit die Algemene Jaarvergadering vir Aandeelhouers.

Ek hoop al ons vaders, oupas en grootoupas voel net so jonk soos ons jeug op 16 Junie. Mag almal ‘n wonderlike en geseënde dag geniet saam met familie en vriende.

Aan ons direksie en bestuur ‘n groot dankie  dat Kronendal nog ‘n suksesvolle jaar agter die rug het. Baie dankie aan Direkteur Sonja wat die druk en bind van ons jaarstate geborg het.

Die winter is hier en drink daardie sjerrie sodat julle kan warm bly!

‘n Heerlike snoesige Junie wens ek  al die Krone en personeel toe.

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

  

Bo: Jaco van Zyl, die nuwe kombuistoesighouer/chef. Ek hoop hy is nou al ingeburger. Hy is ‘n baie vriendelike man en geniet dit om kos te maak.

Jaco is gebore in New Castle en op 10-jarige ouderdom het sy ouers Pretoria toe getrek. Hy was in Laerskool Oosteind en in Hoërskool Akasia.

Hy is op 20-jarige ouderdom in 1997 getroud met sy skoolliefde. Na 5 jaar is hulle Skotland toe waar hy 6 jaar interne opleiding in hotelle gekry het.

Terug in Suid Afrika, het hy sy Chefs-diploma in Centurion verwerf. Hy het in verskeie restaurant, o.a in Créme, gewerk, asook in ‘n boetiek-hotel in Brooklynn.

Hulle het 2 kinders van tien en twaalf jaar onderskeidelik.

Ons wil graag vir Jaco baie sukses toewens hier by Kronendal en vertrou dat hy hier gaan oud word. Ons personeel bly almal baie lank hier.

 

      

Moedersdag 2019. ‘n Spesiale dank aan Annemarie en Jaco wat hierdie dag spesiaal gemaak het vir die Krone. Daar was net positiewe terugvoer oor die heerlike kos.

    

Die Arcadiasangers het ‘n uitvoering kom lewer.  Een van ons Krone, Alida König, staan agter 2de van links. Regs bo: Elene Marneweck, pas terug uit die hospitaal, het dit saam kom geniet. Saam met haar is Dalene Hugo.

A very special thank you to all the Chefs, trainee chefs, waiters, other kitchen staff for all the delicious food they are preparing each day for our residents. Sometimes they are under a lot of pressure, sometimes they have to put up with unnecessary criticism and rudeness.

We are saluting them and just know that we appreciating them all!