Desember 2019 Uitgawe 75

Graag wil ek van hierdie geleentheid gebruik maak om vir elke Kroon, die bestuurder en personeel ‘n baie Geseënde Kersfees toe te wens. Die wat met vakansie gaan, kom veilig terug. Almal wat saam met hul familie kuier, troetel dit as baie kosbaar.

‘n Groot dankie aan elke Kroon en elke kollega vir al jul liefde en samewerking die afgelope jaar. Baie dankie vir harde werk en bowenal, ‘n groot dankie vir werk wat ons het. Ek hoop ons gaan volgende jaar net so groot  deur die genade van Bo wat ons so ryklik ontvang.

Baas, jy moet veilig en gesond terug kom sodat ons 2020 kan aanpak met nuwe moed.

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

  

May the blessings of the season fill your life with joy and hope that happy times and good fortune are headed your way this coming year.

 – Piet du Toit – Bestuurder

Namens die Inwonerskomitee wil ons almal bedank vir julle ondersteuning deur die jaar. Ons wil veral dankie sê aan die bestuurder, personeel en al die Krone wat almal op ‘n unieke manier ‘n bydrae gelwer het om ons woonplek so ‘n sukses te maak. Dankie ook vir almal se harde werk en samewerking. Saam het ons baie vermag en ‘n geseënde jaar agter die rug.

‘n Baie Geseënde Kersfees aan elkeen van julle.

Bets Faure—Voorsitter Inwonerskomitee

Die dinge van die aarde is juis aangrypend kosbaar omdat dit verbygaan”.

Kom ons maak daarom Kersfees 2019 ‘n spesiale dag saam met ons geliefdes en vriende want ons weet nie of dit dalk ons laaste Kersfees saam sal wees nie. Kom ons maak dit ‘n ware Christus Fees!

Seënwense aan elke Kronendal inwoner en personeellid.

– Susan van Rensburg

Nog ‘n jaar is verby. Graag wil ek en my personeel dankie sê vir al u liefde, vriendellikheid en drukkies. Die personeel wil ek dankie sê vir jul geduld, liefde en harde werk deur ‘n moeilike jaar.

Geseënde Kersfee en Voorspoedige Nuwe Jaar.

– Sandra(Matrone) en personeel

Aan al my anner Mammas en Pappas en al die personeel ‘n Geseënde Kersfees en mag jul uit jul skoene gebless word in 2020.

Die wat weg, reis veilig en kom veilig terug.

Liefdegroete—Annemarie en span

Ek wil graag namens die kelners, sjefs en kombuis personeel vir elke Kronendal inwoner en hul families ’n baie Geseënde Kersfees toewens. Mag elkeen ‘n Christusfees vol vrede, liefde en vreugde ervaar saam met al die spesiale mense in hul lewens. Vir diegene wat nie saam ons hierdie feestyd gaan wees nie, bid en vertrou ons julle veilige terugkoms en glo dat julle ook n wonderlike en geseënde feestyd sal hê. Mag 2020 vrede en voorspoed vir ons almal inhou.

– Jaco & span

Hiermee wens ons spanne, wie se plesier dit is om u plek skoon EN werkend te hou, u ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Jaar toe,

waarin ons julle baie warm water en werkende kragproppe toewens.

Met ons Almagtige Vader se Genade!!!

Die Onderhouds en Huishouding Spanne!

–  Toerien – U gewillige Dienste Bestuurder!