Januarie 2020 Uitgawe 76

2020! Dit klink so lekker om te sê! Ek hoop in hierdie 2020 is al die Evkom probleme opgelos, al die telefone en internet werk reg en ons kry genoeg nuwe intrekkers.

Ek hoop elke Kroon en personeellid het ‘n geseënde 2020. Ons verlang na die baas en ons wag vir hom sodat ons almal saam in hierdie tye die swaarkry met lekkerkry klaarkry.

Ongelukkig het ons jaar met 2 sterftes begin maar ons berus saam met hierdie families.

Ek hoop almal het hul Kroon Kersmaal geniet. Jaco het sy bes gedoen en ons sê vir hom en sy personeel baie dankie, ook aan die ander wat op Kersdag moes werk.

 Onthou  die Kronendal PIN nr.: 41164de Evangelie, 1ste hoofstuk, 16de vers.

UIT SY OORVLOED ONTVANG ONS GENADE OP GENADE.

 Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

        

Met Annemarie met verlof, was dit Jaco se vuurdoop om die Kersete voor te berei. Hy moes bontstaan, maar alles goed, eindig goed. Almal was ronde magies geëet.

Baie dankie Jaco en personeel dat julle ons Krone se Kersdag spesiaal gemaak het. Ek is seker hulle het dit baie geniet.