Februarie 2020 UItgawe 77

Julle dink Januworry is verby, nou is dit Ferderworry!

Baie geluk aan die nuwe Inwonerskomitee. Mag julle geseënd wees in jul werk vir die nuwe jaar. Aan die 3 nuwe lede, baie welkom.

Ons Krone kan nie anders as om dankbaar te wees dat hier in hul tuiste geen kragonderbrekings is nie. Wees verseker die personeel sukkel baie by hul huise want hulle spring nie die kragonderbrekings vry nie.

Mag elke Kroon ‘n gelukkige Februarie, maand van die liefde, beleef. Soek gerus vir jou ‘n Valentyn.

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

      

  

Die Inwonerskomitee vir 2020. Willie en Nelie Enslin, Bets Faure, Quini Myburgh, Elize Myburgh, Marjorie Snyders, Esther Theron, Paula Meiring en Janet Stols.

Inwonerskomitee Algemene Jaarvergadering 2020.