Maart 2020 Uitgawe 78

Die maand van die liefde is verby en Herfs is sowaar hier, maar dit begin met ‘n groot water probleem. Gelukkig lê die probleem nie by Kronendal nie, al lê party Krone dit voor ons deur.

Ons moet dankbaar wees vir ‘n boorgat en waterfilter, asook personeel wat so getrou die water in emmers dra na die verskillende vloere. Dink net hoe seer is hierdie personeel se rue van al die emmers water dra. Emmers, asook nuwe waterhouers met krane verdwyn op die vloere. Wie kan nou so onbedagsaam wees? Die ysmasjien is toe want dit is verbind aan munisipale toevoer, dus kan niemand aandring op ys nie, soos wat wel gebeur het. Ons is dankbaar vir kos, koffie en tee elke dag.

Ons vra dus mooi, wees geduldig, die personeel doen hul bes, maar hulle kan nie water uit ‘n klip tap nie!

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

    

Die 2 Valentyne van 2020!

Die Krone het ‘n heerlike braai geniet en ‘n man en dame het elk ‘n prys gekry vir die mooiste Valetyn.

Olga Vermaak was die vroue-Valentyn en Daan Blomerus het die mans uitgestof.

Sonja Smith het die pryse geborg en Lyna Viviers het namens haar die pryse oorhandig.

Baie dankie aan almal wat hierdie maand van die liefde iets besonders gemaak het. Dit was heerlik om van vroeg-oggend af die heerlike braaivleisgeure van buite te kry. Annemarie was baie moeg maar ons is baie dankbaar.