April/ Mei 2020 Uitgawe 79

Wat ‘n onaangename tyd! Ons Krone en personeel  laat hulle nie onder kry nie. Geen Coronna virus gaan ons as ‘n Kroonfamilie ondankbaar maak nie.

Maar ons vergeet nou van Covid-19 en bring hulde aan ons moeders hierdie maand.

Here is a flower for a special day

Just for you on Mother’s Day

Many hugs and kisses to each one says that I love you!

Ek hoop elke moeder hier in Kronendal kry ‘n drukkie en soentjie per telefoon van hul kinders.

Ons vergeet nie ons Hemelse Vader wat ons deur hierdie tyd dra en ‘n GROOT DANKIE aan Hom.

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

      

Die hele wêreld is in ‘n inperkingstyd vasgevang.

Selfs hier by Kronendal moes die bestuurder stappe in plek kry vir die voorkoming van die Corona-virus. Hy het aan elke liewe voorsorgmaatreël gedink. Vinnig is praatjies gelewer en aan die inwoners verduidelik waaroor dit gaan.

Vinnig moes slaapplek gereël word vir die personeel. Daar is 65 matrasse ge-koop vir slaapplek. Die bestuurder het gesorg vir maskers en reinigingsmiddels.

Totale inperking is gehandhaaf. Jaco en Sandra het ingebly en die fort gehou.

Ander personeel kon van die huis af werk en ten einde het alles goed uitge-werk want hier in Kronendal weet ons van saam staan. Dankie, personeel!

Mnr du Toit ‘n groot dankie vir jou leiding en hantering van Covid-19.

………………………………………………………………………………………………………….

Liewe Wanie en Kronendal-Span

 

Ek is nie ‘n digter of skrywer nie en daarom het ek nie gevleuelde woorde waarmee ek kan dankie sê nie.

Daarom sê ek net opreg dankie aan almal wat my versorg en gehelp het gedurende die afgelope weke, veral die versorgers, die susters en almal wat my op een of ander manier gehelp het.

Ook ‘n groot dankie aan die inwoners vir hulle gebede, inloer en goeie wense in hierdie dae – dit beteken vir my meer as wat ek in woorde kan uitdruk!

Mag ons gesond bly in hierdie komende weke!

Liefdegroete

Heila

 

Op 23 April skryf Heila die volgende aan my per e-pos:

 

Baie, baie dankie, Wanie!

Piet het ons wonderlik gehelp en ‘n kennisgewing op die kennisgewingsbord gesit!

My knievervanging het baie goed verloop en ek loop al sonder die versorger eetkamer toe!

Die Liewe Vader is baie goed vir my en die versorgers, susters, kelners en Jaco en sy personeel en die skoonmakers se gesindheid is wonderlik, nie te praat van liewe Tom nie!

Mooi bly en sien daarna uit om jou en Susan weer te sien!

 

Liefde en sterkte

 

Heila