Edition 29 January 2016

die kroonDie nuwe jaar het aangebreek—2016! Mag elke Kroon hierdie jaar gesond bly  en vreugde en geluk ervaar.

Ek was 3 weke met verlof maar het met Jan Tuisbly se karretjie gery. Dit was goed aangesien dit so warm was dat ‘n mens nie op die pad wou wees nie.

Dit is jammer dat ons so ‘n paar Krone moes verloor in die afgelope Kerstyd. Aan hierdie families ons innige simpatie met die wete dat daar ‘n God is wat hul dra.

Ek hoop elke personeellid sien uit daarna om weereens in 2016 al hul liefde uit te stort op ons Krone. Baie sterkte, krag en wysheid word  julle toegewens.

 

Groetnis

Wanie (Redakteur)

Kelners                         Kersete 2015

Bo: Die Krone was aangenaam verras deur ‘n koor van die eetkamer en kombuispersoneel se pragtige stemme wat die eetsaal gevul het op Kersdag. Die tafels was pragtig gedek. ‘n Heerlike Kersete is voorberei. Baie dankie aan Annemarie vir haar moeite en harde werk.

Oumies het die oggend kom inloer om vir elk seënwense toe te wens. Ds Madder Steyn het die ete ge-open met gebed. Kinders en vriende het, waar moontlik, kom saam eet. Soos gewoonlik was die eetsaal vol en gevul met die gees van Kersfees.

Tot in die Versorgingseenheid het kinders saam met hul ouer(s) geëet. ’n Mens besef nie altyd wat ’n voorreg dit is om nog  Kersfees saam met jou ouers te vier nie.