Kronendal Retirement Village

May 2018 Edition 56

 

 

Dit al weer die einde van die 1ste kwartaal m a w ‘n kwart van die jaar verby. Ongelukkig het ons die afgelope maand  5 Krone verloor. Ons troos ons egter dat hulle genade in Jesus se arms gevind het. Continue reading

April 2018 Edition 55

Dit al weer die einde van die 1ste kwartaal m a w ‘n kwart van die jaar verby. Ongelukkig het ons die afgelope maand  5 Krone verloor. Ons troos ons egter dat hulle genade in Jesus se arms gevind het.

Continue reading

March 2018 Edition 54

The month of love has just passed. We had a lovely Valentine’s Day. Thank you very much to everybody who made it so special  – certainly one of the best we’ve ever had.

Continue reading

February 2018 Edition 53

Die nuwe Inwonerskomitee is gekies—baie geluk aan elke nuwe komiteelid. Baie dankie  aan Chrissie van Vuuren wat die komitee vir só lank gedien het.  Ek hoop  jy rus baie lekker, Chrissie.

Continue reading

Desember 2017 Edition 51

Einde van 2017 het aangebreek.Baie Krone gaan kuier en die Kerstyd saam met hul familie deurbring. Geniet elke oomblik daarvan. Vir die wat hier bly, onthou die Krone is een groot familie en Annemarie het ‘n heerlike Kersete in gedagte.

Continue reading

October 2017 Edition 49

Lekkerrrrrrrr Lentedag! Dit was ‘n bietjie koud maar niks kry ons Krone onder nie. Die braaivleisvure het vroeg gebrand en Chris, Annemarie, Catherine en Caroline was op hul pos.  Alle eer aan ons Hemelse Vader wat so ‘n dag moontlik gemaak het.

Continue reading

September 2017 Edition 48

Dis heerlike lente die winter is verby en kyk net hoe blom die Clivias by Kronendal! Oral sien  jy net bome groen blaartjies kop uitsteek en tesame met dit, natuurlik onkruid wat welig begin groei. Kom ons vergeet van die onkruid en kyk net na die groen blaartjies m a w nuwe lewe wat ons net deur genade van Bo ontvang. Alle dank aan ons Hemelse Vader wat elke Kroon so mildelik seën.

Continue reading

November 2017 Edition 50

2017 lê op sy rug en ons het heerlike reën gehad. Alles groei en dit is groen net waar jy kyk. Hoe sing ons? “O Heer my God as ek in eerbied wonder en al U werke elke dag aanskou. Die son en maan, die aarde, sterre, wolke, hoe U dit elke dag so onderhou..” Wat ‘n wonderlike genade is dit nie om Sy skeppingswerk te aanskou.

Continue reading

August 2017 Edition 47

Toe gebeur dit weer! Ek was weer in die hospitaal en toe ek terug kom is daar sowaar weer ‘n nuwe bestuurder!  Hierdie bestuurder ken ons gelukkig en ons sê hartlik welkom aan hom en ons weet hy gaan Kronendal goed lei.

Ons het so ‘n paar inwoners verloor maar ons glo hulle rus veilig in Jesus se arms. Baie welkom aan ons nuwe Krone.

Sterkte aan al die personeel wat hul take so getrou uitvoer. Sterkte ook aan Chris wat tuis aansterk na sy operasie.

Kroongroete/Crown  greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

       

Above:  An ambulance and 2 paramedics of LifeMed are from the 31st July 2017 stationed on the Kronendal premises.

A while ago I contacted Crises on Call, of which I am a member, to organise transport for the Calinikos couple from Cape Town to Kronendal. Soon the transport per LifeMed ambulance was secured. This ambulance services kept me and a family member of the couple  posted during the whole trip.

Since this trip LifeMed and our Manager came to an agreement that this service will be available to Kronendal. When these 2 friendly paramedics are not out on a call they are helping in the frail care unit.

Thank you LifeMed and mr Du Toit!

Bo: Ida Swanepoel was ‘n nooi Mellema. Haar pa het as jong seun vanaf Friesland na SA gekom. Hy het ook hier in die Boere-oorlog geveg. Sy is in Potchefstroom gebore maar het in Johannesburg haar laaerskooljare deurgebring. Daarna is sy na Hoërskool Gimnasium in Potchefstroom. Na skool het sy aan die Liefs Kollege gestudeer en ‘n snelskriftikster geword by War Supplies.

In 1940 trou sy met haar skoolliefde. Haar eggenoot was aan die Lugmag verbonde en uit die huwelik is 3 seuns en 2 dogters gebore.

Hulle het heeltyd in Pretoria gewoon en sy sê met ‘n glimlag hulle het die huis elke keer vergroot soos die familie vergroot het.

Haar eggenoot is in 1997 oorlede en na 2½ jaar het sy in 2000 ‘n Kroon geword. Sy is sekerlik ons “petiteste” Kroon en so pragtig.

Ida, ons is bly om jou vir so lank by ons te hê.