Kronendal Retirement Village

Edition 26 October 2015

die kroon

Was dit nou nie ‘n aangename Lentedag op 29 September nie. Die braai was heerlik en met liefdevolle hande voorberei. Baie dankie aan die kombuispersoneel vir hul harde werk.

Aan Rian Booysen sê ons baie hartlik dankie vir sy vrolike musiek. Dit is net wat ons Krone nodig het. Rian, hierdie Krone beskou jou al as hul eiendom!

Continue reading

Edition 24 August 2015

die kroon

Die griep het behoorlik gewoel onder ons personeel maar ons Krone is redelik gesond, ek en Susan gaan groot in ons tuine, Oumies is terug, dus is daar mos niks om oor te kla nie. Weereens beleef ons oneindige Genade van Bo.

Oumies, ek hoop jou vakansie was heerlik en dat jy met ‘n nuwe stoei-gees terug is, veral oor die hysbakke! Ons het darem nie die plek afgebreek nie, die taxi’s het net so ‘n dag nie saam gespeel nie.

Continue reading

July – Edition 23

die kroon
Ja nou is dit behoorlik Winter! Die voete bly koud en die neuse loop – alles bewyse van die tyd van die jaar. Hoekom sal sulke ou kouetjies ons nou pla want voel ons dan nie die warmte van God se Liefde elke dag nie.

Wêreldbeker rugby is op pad en ek glo ons gaan almal vasgenael voor die TV sit. Het die Stormers my nou nie teleur gestel nie. Ek kan nie eers met hulle spog nie of hoe sê ek, oom Chris?

Continue reading

June 2015 Edition 22

diekroon-2-2

Winter is hier! Ons kan egter nog nie kla oor koue nie, want ons dae is darem te heerlik warm.

Het ons dan nie n mooi Algemene Jaarvergadering gehad nie. Baie dankie aan almal wat teenwoordig was. ‘n Spesiale dank aan ons Direkteure wat hul tyd aan Kronendal afstaan, aan die Kombuispersoneel wat sulke heerlike kos voorgesit het en aan Ds. Madder vir sy gepaste gebed. Baie dankie aan Oumies en al haar personeel vir getroue harde werk. Die Groot Dank kom egter ons Hemelse Vader toe want sonder Sy hulp en genade is ons niks nie.

Continue reading

Edition 21 – May 2015

a href=”http://www.kronendal.net/wp-content/uploads/2015/05/die-kroon1.jpg”>die kroon

Hierdie maand is dit die tyd van die Algemene Jaarvergadering vir die aandeelhouers. Mag hierdie vergadering in goeie gees afloop. Dit kan net gebeur deur Sy Genade.
Ek wil graag aan al ons siekes baie sterkte toewens en ‘n groot dankie sê aan die Versorgings-personeel wat hulle so mooi versorg.

Continue reading

April 2015 – Edition 20

die kroon

Ek is terug van ’n heerlike vakansie van die Kaap al kus langs tot in George. Die weer was heerlik totdat ons in George reën gekry het al die pad tot hier in Gauteng. Ek kon darem op die berg gaan rondklouter.

Ek is die jongste van 6 kinders en dus het ek in 2 aftree-oorde gekuier, asook ‘n tannie gaan groet by ‘n ander aftree-oord en sommer vir vreemde tannies drukkies uitgedeel. Wat ’n voorreg!

Continue reading

March 2015

die kroon

Uitgawe 19

En so word ons Krone ouer en mooier en wyser! Kyk nou weereens ons 100-jarige—Betsie Beyers! Dan besef ek hoe goed ons Hemelse Vader ons Krone bewaar en dan hou Hy hulle nog so mooi en pragtig ook! Ek hoop almal sien die mooi wat ek in daardie silwerkoppe ervaar, ook raak.
Ek gaan met vakansie vanaf 23 Maart, dus sal Die Kroon in April bietjie later as gewoonlik verskyn. Ek gaan bietjie na WP/Stormer-land (my homeland) sodat ek weer my voete in die see kan sit en die Suidooster my kop kan skoon waai!

Continue reading

February 2015

Uitgawe 18

Die laaste maand van die somer het aangebreek en die boom voor my huis kan nou nie meer wag om sy blare af te gooi nie – hy het sommer al begin, tot my ontsteltenis!

Ons is deur ‘n klompie vergaderings die afgelope maand en dit gaan baie goed met Kronendal. Continue reading

January 2015

Uitgawe 17

Met ‘n heerlike tuisbly-vakansie agter die rug, begin ek 2015 darem weer vol moed. Ek hoop al ons Krone kon hul familie in hierdie Feesgety sien en gelukkig saam verkeer.

Ek vertrou elke Kroon en elke personeellid gaan 2015 in met die wete dat God elke dag en elke nag oor ons waak en ons bewaar. Continue reading

December 2014

Uitgawe 16

Die laaste maand van 2014 het aangebreek en ons is almal ouer! Weereens staan ek in verwondering oor hoe ons Hemelse Vader Kronendal gedurende die afgelope jaar so onderhou het. Ons het Krone verloor, maar ons het ook nuwe Krone bygekry. Continue reading