Uitgawe 21 – Mei 2015

die kroon

Hierdie maand is dit die tyd van die Algemene Jaarvergadering vir die aandeelhouers. Mag hierdie vergadering in goeie gees afloop. Dit kan net gebeur deur Sy Genade.
Ek wil graag aan al ons siekes baie sterkte toewens en ‘n groot dankie sê aan die Versorgings-personeel wat hulle so mooi versorg.


Ek wens elke Kroon en personeellid ‘n aangename Mei toe. Mag julle ons Liewe Heer se Genade elke dag ervaar.
Groetnis

Wanie(Redakteur)

Wilhelm Makkie

Links: Wilhelm en Makkie Theron is sedert 1 Maart 2010 baie gelukkige Krone.

Makkie was ’n nooi Grobler van Brits waar sy ook haar skoolloopbaan voltooi het. Sy was ‘n Snelskriftikster by die WNNR. Haar opleiding het sy by Liefs Kollege gekry.

Wilhelm het haar ontmoet toe sy saam met hom na ‘’n huispartytjie van een van haar kollegas moes gaan. Toe sy by hom in die motor klim, het hy geweet dit is sy “trou-vrou”.

Wilhelm is ‘’n gebore Pretorianer en het by Affies skoolgegaan. Hy het in Johannesburg gewerk en terselfdertyd gestudeer by die College of Accountancy.

Hulle is in 1952 getroud en het saam in 1955 hul eie besigheid begin. Hulle het die verspreidingsregte vir Bernina in Pretoria gekry. Aanvanklik was daar een Bernina winkel maar hulle het met 5 geeindig toe hulle dit na 40 jaar verkoop het.

Baie dankie aan Makkie wat ons nuwe intrekkers verwelkom en tuis laat voel.

Hennie Daleen

Regs : Daleen en Hennie Theron is van ons nuutste Krone—sedert 1 Junie 2014. Hulle was van Centurion.

Daleen , gebore Sadler, is gebore in Dundee, maar het skoolgegaan in Pretoria. Sy was werksaam by Denel as Assistent-rekenmeester.

Hennie is ook ‘n Pretorianer. Hy was ook ‘n werknemer van Denel en het in 1997 afgetree. Daarna het hy by ‘n rekenaarmaatskappy gewerk vir 15 jaar.

Die twee het mekaar by ‘n familie-troue ontmoet waar hulle strooimeisie en strooijonker was. Hulle is toe op 2/1/1960 getroud en het 3 kinders, 10 kleinkinders en 5 agterkleinkinders.

Hennie het 12 Comrades voltooi! Welgedaan Hennie, dit wil gedoen wees!

 

Esther Theron

Links: Esther Theron. Sy wil nie ’n berig oor haar hê nie. Sy is sedert 1 Mei 2010 ‘n Kroon.

Al wat ek kan sê is dat sy uit alles geld maak. Sy werk baie hard vir Kronendal. Soos ek voorheen berig het, sy is die KROON-”rep” van Kronendal!

Net so vriendelik sy kan wees, so kan sy ook kwaad raak. Dan sluit sy haarself toe in haar kamer!

Op die oomblik is sy en Chrissie druk besig om die Kronewinkel in te rig. Een van die dae is dit Minimark en dan voel dit weer soos ‘n kerkbasaar hier.

Esther is ook die moeder van Anton Theron, die regsdirekteur van Kronendal. Sy dien op die Inwonerskomitee. Baie dankie vir haar onbaatsugtige bydrae.

 

Rummiekub 1 Rummiekub 2

Bo:Die Rummiekub-spelers