Uitgawe 22 – June 2015

diekroon-2-2

Winter is hier! Ons kan egter nog nie kla oor koue nie, want ons dae is darem te heerlik warm.

Het ons dan nie n mooi Algemene Jaarvergadering gehad nie. Baie dankie aan almal wat teenwoordig was. ‘n Spesiale dank aan ons Direkteure wat hul tyd aan Kronendal afstaan, aan die Kombuispersoneel wat sulke heerlike kos voorgesit het en aan Ds. Madder vir sy gepaste gebed. Baie dankie aan Oumies en al haar personeel vir getroue harde werk. Die Groot Dank kom egter ons Hemelse Vader toe want sonder Sy hulp en genade is ons niks nie.

Ek hoop ons Krone begin die winter gesond want ek wil julle nie siek sien nie. Drink daardie vitamins en doen 5 rondtes om die gebou daagliks!

Baie geluk aan al die Krone wat in Junie verjaar, mag julle ‘n gesonde jaar beleef!

Groetnis

Wanie(Redakteur)
Bets KR 22Links : Bets Faure, van ons bekende Krone, is ’n gebore Pretorianer. Haar pa was in die konstruksiebedryf en hulle het op verskeie plekke gebly, dus was sy op ‘n paar plekke in die skool. Getrou aan Pretoria het sy haar kollege opleiding hier voltooi. Sy het hier in Pretoria by Departement van Lande gewerk. Toe haar pa ‘n besigheid in die Vrystaat vestig, het hy haar genader om vir hom te kom werk. Daar het sy toe haar eerste man ontmoet—’n Vrystaatse rugbyspeler, Eben Delport. Hulle het 3 kinders. Die jongste, Ricus, wat ook ‘n direkteur hier by Kronendal was, was maar net 1 jaar 9 maande toe sy pa verongeluk het.

Bets is weer later getroud met ‘n sakeman van Vereeniging en uit hierdie huwelik is 1 dogter gebore.

Bets word toe ‘n boervrou toe hulle ‘n plaas by Messina koop. Tydens die onluste het hulle die plaas verkoop en gaan rustig raak op Rustenburg. Nie dat sy rustig was nie, want hier het sy op die VLU gedien.

Na haar man se dood verhuis sy na Pretoria. Sy word ‘n Kroon op 01/04/2006 en selfs hier is sy baie bedrywig. Bets, dis ’n voorreg om jou hier te hê.

 

Ellen KR 22Links: Ellen Boonzaier is gebore in Belfast. Hier het sy skoolgegaan en later klerikale werk gedoen tot met haar troue in 1949.

Sy en haar suster het hul mans ontmoet deur gesamentlike groepskuier en is ook saam getroud – dubbele troue.

Hulle het in Witbank gebly tot 1973 en toe na Pretoria verhuis.

Haar man het afgetree in 1985 en hulle is Krone van 1/07/2001. Haar man het haar egter ontval in 2008.

Ellen het 3 kinders, 8 kleinkinders en 10 agterkleinkinders.

Sy het lank op die Inwonerskomitee gedien, hou die ruikers netjies en sien dat alles netjies is ná die naweke se tee/koffie-tye.

Ellen was op Sondag, 10 Mei 2015, se Moedersdagdiens by die AGS Kerk in Hatfield die oudste moeder.

 

Muelmed KR 22

Bo: Muelmed Medi-Clinic personeel besig om die Krone se bloeddruk te neem

………………………………………………………………………………………………………………………………………….

An Assessment for a Retirement Village

During a visit to my doctor, I asked him. “How do you determine whether or not an older person should be put in an old age home?”

“Well,” he said “we fill up a bathtub, then we offer a teaspoon, a teacup and a bucket to the person to empty the bathtub.”

“Oh, I understand,” I said, “A normal person would use the bucket because it is bigger than the spoon or teacup.”

“No” he said. “ A normal person would pull the plug. Do you want a bed near the window?”