Uitgawe 23 – Julie 2015

die kroon

Ja nou is dit behoorlik Winter! Die voete bly koud en die neuse loop – alles bewyse van die tyd van die jaar. Hoekom sal sulke ou kouetjies ons nou pla want voel ons dan nie die warmte van God se Liefde elke dag nie.

Wêreldbeker rugby is op pad en ek glo ons gaan almal vasgenael voor die TV sit. Het die Stormers my nou nie teleur gestel nie. Ek kan nie eers met hulle spog nie of hoe sê ek,  oom Chris?

Mag elke Kroon weer die oorvloedige Genade van ons Hemelse Vader vir die maand van Julie ondervind.

Sterkte aan elke personeellid vir julle take.

Groetnis

Wanie(Redakteur)

 

Le RouxRegs:  Beatrix le Roux, grapjas, karnallie en sommer net liewe ding! Sedert 01-05-2011 ’n Kroon.

So wys die handjie—seker reg om my te berispe! Dit lyk egter meer na die handjie van wyle Oud-president PW Botha! “Ek sê julle Krone moet nie so kla met die lemon merinque onder die arm nie!”

Beatrix het na matriek  by Stellenbosch Universiteit ingeskryf vir haar verpleegkunde graad.

Al haar praktiese verpleegopleiding het sy by Krugersdorp hospitaal opgedoen waar sy beide die Algemene sowel as die vroedvrou verpleegkunde diplomas ontvang het.

Sy was getroud met Cas le Roux wat die rang van Kolonel in die weermag beklee het en  hy is in 2011 oorlede.

Uit die huwelik is 2 kinders gebore. Charles was die oudste maar ongelukkig is hy ook ‘n jaar na sy pa oorlede. Beatrix se dogter Riëtte woon ook in Pretoria. Beatrix het 7 kleinkinders en 11 agter kleinkinders.

Vir vele jare was Beatrix die Matrone van Staanvas, ook in Sunnyside.

Beatrix is baie goed ingelug oor landsake en politiek is in haar bloed. Alhoewel sy nie meer kan lees as gevolg van haar swak oë luister sy altyd na alle nuus op haar radio. Selfs wêreld gebeure is vir baie intersant en ook op hierdie vlak is sy goed ingelug.

 

Beatrix en SusanMurphy     Regs: Gerrit en Rita Murphy– sedert 1/10/2014 Krone.

      Rita was ‘n nooi De Swardt van George en het haar as snelskriftikster/sekretaresse bekwaam. Sy en  Gerrit is   in 1959 getroud .

Hy het in Vereeniging grootgeword. Na skool het hy homself in Telekommunikasie Ingenieurswese bekwaam en vir 12 jaar by die Ingenieursafdeling van die Poskantoor werksaam. In 1965 het hy ‘n offisiers-aanstelling in die SA Leër aanvaar en in 1968 was hy van die eerste troepe wat op die Suidwes-grens ontplooi is. Hy was van 1968-1989 by die Grensoorloë betrokke. Hy het in 1993 as ‘n Genl-majoor afgetree en was vir 12 jaar by die Noordelike gemeenskap van Pretoria betrokke.

​ 

Bo: Ek kry toe hierdie 3-tjies buite in die straat—amper verkluim –staan en wag

    …..Net 2 het teruggekom!

 

Onder: Santie ,Rina en Helene van die haarsalon. Hulle laat die Krone mooi lyk. 

Haarsalon