Augustus 2018 Uitgawe 59

Although 3 Proteas moved back to Centurion to be near their children, the rest are settled in and are looking happy here together with our Crowns.

We saw friendly faces in wheel chairs and most of them can do a wheelchair race on their own.

It seems that the Protea Frail Care Unit in Centurion will be demolished and from October these Proteas will be  full Crowns.

 

May you all have a blessed August with the love and grace of our Lord.

 

Kroongroete/Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

  

Vandag, Saterdag, 28 Julie 2018 is ek ‘n jaar in Kronendal, en watter wonderlike jaar!

Ek wil graag vir elke personeellid en inwoner van Kronendal opreg dankie sê dat julle dit vir my so maklik maak om as blinde person en boonop met ‘n loopraam so onafhanklik moontlik op my eie rond te beweeg.

‘n Spesiale woord van dank aan Tom, Lorein en die kelners en kamerhulpe wat my grille en giere ken en verduur …

Aan my mede-inwoners: Al ken ek steeds nie almal se stemme nie vergewe julle my en sê geduldig   weer julle name. Ek geniet al die kwinkslae en geselsies in die hysbakke en gange – ek waardeer julle almal so baie!

Met opregte dank en waardering

Heila de Beer

  

Op Sondag, 22 Julie 2018, moes ons Krone en Krone-personeel met leedwese verneem van ons geliefde Sr Vicki Freemantle se afsterwe. Dit was werklik ‘n baie groot skok vir almal en laat ‘n groot leemte in die versorgingseenheid.

Vicki was gekenmerk aan haar vriendelikheid. Sy het altyd tyd gemaak om ieder en elk wat by haar kom, te help. Sy was die broodwinner van haar gesin  en het twee beroepe gehad om hulle deur alles te dra. In werkilikheid kan ‘n mens sê, sy het haar dood gewerk. Partykeer kon ‘n mens sien hoe moeg sy was, maar nooit was daar ‘n klagte oor haar lippe nie.

Haar eggenoot het dit so mooi gestel tydens haar gedenkdiens: “Vicki se karretjie het begin loop op 8 Julie 1958 en van toe af het sy net altyd opgelaai tot op 22 Julie 2018”, ‘n paar dae nadat sy 60 geword het.

Vicki kon nooit die afsterwe van haar geliefde seun 5 jaar gelede, verwerk nie. Sy is egter nou met hom verenig.

Aan Peter en familie wil ons net graag ons diepste medelye betuig. Mag julle vertroosting vind met die wete dat Vicki nou veilig rus met Jesus wat haar regterhand vashou, soos die predikant ons almal wat die diens bygewoon het, verseker het.

Vicki, ons verlang baie na jou en mis jou verskriklik