Edition 31 march 2016

die kroon

h1>die kroon

Autumn is here but still we are experiencing  heatwaves and believe me the trees in my garden started  getting rid of their leaves already! What do our Crown weather forecasters  have to say about this. Is that God’s way of saying He is still in control.

Gedurende Februarie en begin Maart het ons sommer ‘n hele paar nuwe Krone gekry. Ons vertrou hulle gaan heerlik bly en gelukkig wees.

Here at Kronendal everything is fine because at question time during the feed  back session nobody had any questions!

Welgedaan Oumies en haar personeel!

Geniet  elke Maart herfsdag met oorgawe terwyl ons Liewe Heer Sy beskermende hand oor ons Krone hou.

 

Groetnis/Regards

Wanie (Redakteur/Editor)

 

 

Below left: Father Peter Auret was born at the Van Dyk Gold Mine “6 miles”, as he called it, from Brakpan. He was the second youngest of 7 children and matriculated in 1939 at Benoni High School.

The war started and he joined the Army but after a month he was medically turned down. He passed his Public Service Exams in 1941 and then started working as a public servant in Benoni. He was married in 1948. He is blessed with 3 children.

After retirement they became residents of Rosendal Retirement Home. His wife passed away in 2001 and he became a Crown in 01/12/2012 when Rosendal closed down.

As a young adult he explored different religious denominations.

He worked in 1953 in Messina where he attended the English church which was held by a minister from Louis Trichardt.

On Christmas Eve that year at a communion service the Lord called upon him and since then he worked for his church being the organist and he served on the church council. In 1965 he was back in Pretoria as a public servant and became a part time minister without remuneration.

Before he became a Crown he was used to Kronendal because he served communion here. Today he is still serving communion to several of the elderly

Peter Auret                Betsie Beyers              Betsie 101

 

Bo middel en bo regs: Betsie Beyers, ons oudste Kroon, was op 28/2/2016 101 jaar oud. Op Maandagoggend, 29/02/2016, het Matrone Vicki vir haar ‘n klein samekoms gereël. Net ‘n paar personeellede het saam met haar tee gedrink. Die versorgers het vir haar gesing en Betsie was haar ouself—al was sy ‘n paar dae olik! Vir die wat nie weet nie, Betsie is sedert 1978 ‘n Kroon. Dit wil gedoen wees! Wys jou hoe goed daar na ons Krone omgesien word.

Groot dank aan elke personeellid wat daartoe bydra, maar bowenal dank aan ons Hemelse Vader.

 

 

Betsie en Susan                        Susan Boshoff

Regs bo: Susan Boshoff, altyd ‘n glimlag en ‘n bok vir sports! Susan verjaar saam met Betsie Beyers en het ‘n Kroon geword op haar verjaardag op 28 Februarie 2013 (soos op foto bo links).

Sy is gebore op Nylstroom en alhoewel haar ouers later Brits toe verhuis het, was sy haar hele skoolloopbaan in Nylstroom op kosskool. Sy is daarna Tukkies toe waar sy ook haar ingenieur-man ontmoet het. Hulle is in 1960 getroud en sy was vir 22 jaar ‘n sielkundige berader. Na 13 jaar is hul eersteling gebore en later volg nog ‘n baba.

Hulle het vir 3 jaar in Amerika en Europa gebly as gevolg van haar man se werk. Terug in SA het hulle hul in Alberton gevestig tot sy dood in 2006. Sy het daar aangebly totdat sy ‘n Kroon geword het in 2013.

 

 

Mooiste wiskunde som:

Maal jou vriende, deel jou smarte, trek jou verlede af en tel God se liefde by.

Antwoord:

Genade—onbeskryflik groot!

BRIEWE VAN INWONERS

Wanie,

Spesiale dankie vir al jou inisiatief en harde werk as redakteur van Die Kroon, en veral ook met jou 30ste uitgawe. Al die inwoners geniet die algemene nuus oor die Krone.

Ons as Inwonerskomitee bedank jou en sien uit na nog baie uitgawes.

– Q Myburgh

Red: Baie dankie Quini ek waardeer en probeer my bes!

……………………………………………………………………

Ons vertrek op 25 Januarie 2016 met die boot vanaf Durban na Maputo. Ek en ‘n ander groep mense besoek Maputu, die mark en verskeie besienswaardighede. Ons het ‘n baie oulike toerleier en vertel ons ook van die baie arm asok baie ryk mense. Dit is ook baie warm en hulle kry min reën.

Vandaar met die boot na die Portugese eiland.Baie mense vaar met die rubberbote na die eiland waar daar vir hulle ‘n heerlike braaivleis en slaaie voorgesit word.

Die boot het baie vermaaklikhede op en daar kan 24 uur geëet word. Daar is elke aand teatervertonings met mense met baie mooi kostuums.

 Die Simfonia bestaan uit 13 verdiepings. Kos is baie heerlik en ons eet lekker. Al die personeel sowel as die kaptein en kelners is Potugese.

‘n Mens stap baie op die boot dus verloor jy gewig. Wat ‘n heerlike bootreis!

– Rina VersterRina en Susan

Red: Dit klink te heerlik en ek verstaan Susan was sommer lekker “bootsiek”!

 

 

Edward, ons Maintenance man, het hierdie pragtige gedig geskryf.

 SKEPE

Soos ek deur die dokke stap

Is hul besig om skepe leeg en vol te tap.

Eenkant, een wat my aandag trek,

Oud, geroes,alleen, so uit sy plek.

Wonder ek met soveel vrae,

Sekerlik was daar vir hom beter dae.

 

Het hy die wêreld gesien, oseane versit,

Of dalk, net in storms rondgeskud?

Niemand wat hul rerig aan hom steur,

Net die sout van die see wat hom verteer

Ander skepe so deftig en fraai,

Vol mense en goedere gelaai,

Klink dit so vrolik en lyk almal so trots,

In storm kan hy ook teen die rotse bots.

 

Wonder ek wat gaan hul met die een doen,

Diepsee toe sleep en met die bodem versoen?

Geen meer doel, net in ons pad.

Niemand wil meer aan hom vat.

So flits alles deur my brein,

Dis hoe mense ook verdwyn.

 

Aan die storie tog ‘n verskil, nie alleen.

Wag ons op die belofte van God se Seun

Kom ons haal voor ons die grond insak,

Vir die reis hoef ons niks in te pak.

Vir ons staan die Engele koor gereed,

Daar op die bruilof sal ons weer geluk ervaar.

Sien, die lewensstryd is nooit verloor,

So wats om te vrees,

In ons dan, God se gees.

 

God het met ons almal ‘n plan.

Die Maintenance man