Edition 32 April 2016

die kroon

>I trust that each of our Crowns had a wonderful Easter and experienced the love of Jesus Christ who died for our sins on that cross.

A few of our staff had a short holiday, but everybody is back . Oumies is going on leave in  mid-April for her son’s marriage . She’s blessed with a 2nd daughter in law and I want to wish them all a happy wedding day with sunshine and love all over. Please drive and return home safely. We ’ll keep Kronendal on the go.

April is a quiet month but the  end of the month we are getiing in 8 new residents !

The past 2 weeks we had the auditors here but everything is now back to normal. We are waiting for the reports but trust everything wil be well, as usual.

Thanks to Oumies and all her staff making Kronendal a wonderful retirement home.

 Groetnis/Regards

Wanie (Redakteur/Editor)

 

Cora von Bratt Links: Cora von Bratt, gebore in Bradfort, was die spreekwoordelike laatlam van ‘n Senator van die Parlement. Tydens haar laerskooljare moes sy dus 6 maande in Jan van Riebeeck Laerskool in Kaapstad en die ander 6 maande in Bloemfontein bywoon. Haar hoërskooljare het sy op Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein deurgebring. Sy is ook toe na Kovsies en het haar BA Sosiale Wetenskappe verwerf. Hier het sy ook haar wederhelf ontmoet.

Sy het vir die Kreupelsorg Vereniging in Bloemfontein begin werk. Sy is toe getroud en haar man was ‘n Takbestuurder by die Vleisraad.

Op ‘ n vroeë ouderdom het die twee ‘n plaas ge-erf te Middelburg in die Oos-Kaap. Hier is haar 3 kinders gebore. Toe die jongste skool toe is, het sy weer begin werk by die ACVV.

Hulle het die baie jare later verkoop en verhuis na Pretoria. Hier word sy lid van die Vrouevereniging in Pretoria en doen ook afloswerk daar. Later sluit sy aan by die Pretoria Raad vir Bejaardesorg waar sy bly werk het tot met haar aftrede op ouderdom van 70 plus. So het sy ook met Kronendal kennis gemaak.

Gedurende hierdie tyd in Pretoria het sy ook haar eggenoot afgestaan aan die dood. Sy word ‘n Kroon op 01/02/1998 en as ek haar so kyk op 94-jarige ouderdom wonder ek of dit die gene is en of Kronendal so goed sorg vir haar!

Empie Maritz Links: Empie Maritz, gebore Jansen van Rensburg is een van ons nederige maar baie bekende inwoners. Om haar bekendheid te beskryf, plaas ek eerder ‘n CV van haar:

Gebore: 15/09/1922 op Bethal maar gaan skool op Carolina waar ouers in distrik boer. Graad 1, 1930 tot matriek 1940. Gaan tuis in skoolkoshuis.

Naskoolse opleiding: Verpleegsuster. Kwalifiseer in Algemene Verpleegkunde aan Algemene Hospitaal, Pretoria 1944 en in Verloskunde aan Verre Oosrandse Hospitaal, Springs 1945.

Getroud in 1947 met Brigadier-Generaal Danie Maritz. Een seun, 3 kleindogters en 1 agterkleinseun. Weduwee vanaf 2000.

Stokperdjies: Tennis, reis, naaldskilder en lees.

Skryfwerk: Begin op hoërskool—net vir kamermaats, nie vir publikasie. Jare daarna (1954) slaaptydstories vir haar kleuterseun. Dink eers ernstig aan skryf toe een van stories in Ons Kleintjie gepubliseer word.

Publikasies:

  1. Jeug– en kleuterboeke: 33 waarvan 1 ‘n bekroonde boek: Koraalkop se Dogters. Wedstryd deur JL van Schaik Uitgewers. 9 Jeugboeke amptelik voorgeskryf vir skole en verskillendes as aanvullende leesstof. 20 Herdrukke.
  2. Romans: 22 en 33 Herdrukke. Beloftes van Môre is verfilm deur Constatia Films.
  3. Radio Hoorspele: 2 — Die Meisie sonder Glimlag (tweemaal uitgesaai) en Wit Maskers in die Nag.
  4. Jeugverhale vir die Radio: 2 – Die Blou Vlam en Avonture op Kommando.
  5. Jeugboeke vir die radio verwerk: 3 –  Husse met Kraakore, Die geheim van die Pers Blom en Raai,Raai wat is haar Naam.
  6. Bydraes vir versamelde werke: –  Stories vir Dogters, Kaleidoskoop vir Dogters en Staal Burger.
  7. Praatjies vir SAUKVrouerubriek: 4 reeks van 8 elk: Trekvoëls, Aarde sluk my in, Tussen die Reëls, Ken u Haar?
  8. Vroegoggendpraatjies vir SAUK: Die SA Polisie (reeks van 20)
  9. Talle artikels vir tydskrifte.
  10. Kortverhale vir Jeugtydskrifte.
  11. Boeke op TV gebeeldsend: 1 kleuterboek(2 keer) en 1 roman ( 1 keer)
  12. Boeke verfilm vir bioskope en op Kyknet: 1 Beloftes van Môre
  13. Gepubliseerde boeke –  herdrukke uitgesluit : 55
  14. Boeke in Engels vertaal: 2
  15. Herdrukke: 54
  16. Voorgeskryf vir skole: 9 amptelik. Verskillende as aanvullende leestof by skole.

Hierdie CV is opgestel deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum.

Emsie het ‘n Kroon geword op 15/10/2006. Ons is voorwaar baie trots om so ‘n beroemde persoon in ons midde te hê. In die namiddae sien jy haar by die Rummikub tafel (op foto)en sy is ook nog steeds baie bedrywig op haar rekenaar.

Nico en SusanLinks: Is dit nou die Kroon-bushalte of is dit “Lovers Lane”?

Briewe van Inwoners

Na 4 weke in die hos[itaal, is Helena Fitzgerald met ope arms ontvang in Kronendal se  Versorgingseenheid op 15 Februarie 2016.

Sy is met liefde behandel en versorg. Niks was te veel vir die verpleegpersoneel om haar met hoop te vervul nie.

Die Versorgingeenheid se susters, verpleegsters, skoonmakers en spyseniering se bystand kom hulde toe.

Na 3 weke kon sy teruggan na ons eenheid op die 9de vloer. Sy kon weer loop en is haar geloof in haar medemens herstel met groot dankbaarheid ,veral die Kronendal personeel wat vir haar so goed was om haar weer sin vir die lewe te gee.

Ons Versorgingseenheid is net die beste!

Ons dank aan almal wat ons gedra het met julle gebede, voortdurende belangstelling wat getoon is in haar vordering. Ons dank aan ons Hemelse vader vir Sy onverdiende goedheid vir Helena se gesondheid.

Patrick en Helena Fitzgerald 9HJL.

 

 

Edward, het hierdie gepaste gedig, veral vir die Herfs, geskryf.

 SEISOENE

 

Wat is die mens tog meer

As die van ‘n wilgerboom?

Die soeke na die rustigheid van ‘n waterstroom

Die take word heen en weer geswaai

Water is die boom se kos

Hy staan vas en laat nie los.

 

Die stroompie droog op, op sy tyd

Seisoene verander, sonder stryd

Blare gaan dood en vergaan

Net die stam wat bly staan

Die somer bring weer hoop

Die boom word weer met blare gedoop

Water begin weer vloei

U het dan aan die kruis gebloei

 

U, is die stam waarop ons bou

U gee water so getrou

Ons word in alle rigtings gewaai

Tog weet ons die seisoen gaan draai

In U sal ons rustigheid vind

Seisoene sal kom en gaan

Die werklikheid, U bestaan.