Edition 33 May 2016

die kroon

die kroonEk wil sommer met die intrap namens al die Krone vir ons groepie nuwe Krone baie hartlik welkom heet!  Ek wil graag ook vir julle ons Algemene PIN-nommer gee nl 4116. Die 4de Evangelie, die 1ste hoofstuk, die 16de vers—In Sy oorvloed ontvang ons Genade op Genade./Out of His fullness we have all received grace in place of grace already given.

Die Inwonerskomitee kan nie kla nie, ek kry vir hulle goeie kandidate in vir volgende jaar se komitee!

Vir ons rugby ondersteuners: Is julle tevrede met die nuwe afrigter? Julle moet net onthou hy was ‘n WP-afrigter, dus is hy goed!!! Ai, kyk dan nou net hoe  trek hierdie Stormer dan nou weer die Krone se been!

Alle grappies op ‘n stokkie. Mag elke Kroon en personeellid ‘n wonderlike Mei beleef deur die Genade van ons Hemelse Vader.

 

Groetnis/Regards

Wanie (Redakteur/Editor)

Kearney

Above: Joan Kearney one of our English Crowns. She was born in the UK South Wales. They lived there until 1945 when they emigrated to Northern Rhodesia to join their father who was working on the Copper Belt(Nkana).

She finished school at Salisbury Girls High School in Southern Rhodesia. Rhodes University in Grahamstown followed. She got her BA degree and a teaching diploma. She met her late husband at varsity and they got married in 1959.

She taught at Pretoria Girls High School for 17 years.

After retirement she and her husband travelled a lot. She lost him in 2008.

Joan followed her two dear friends to Kronendal, Jo Holmes and the Late Stephanie Baker, and became a Crown since 01/02/2015.

Joan, we are very glad to have you as one of our English Crowns.

 

 

 

Willem en EdwardWillem by VrugteWillem en Vicki
Op 01/08/15 word Willem Boshoff ‘n Kroon. Willem laat my vreeslik aan die Gebed van St Franciscus van Assisi dink. “Here, maak my ‘n instrument van u vrede, waar daar haat is, laat my liefde bring.” en “Want dit is deur te gee, dat ek ontvang.”

Hy is ons laggende en liefdevolle Kroon wat loop in sy rolstoel. Hy voel altyd jammer dat ons personeel so “min eet”!

Willem, een van 7 kinders, is ‘n boorling van Belfast. Hy het o.a. skole bygewoon in Carolina, Muizenberg en Vanderbijlpark en skool verlaat in Barberton—15 jaar oud en met std 8 agter sy naam. Hy verhuis toe na Pretoria waar hy vir die 1ste keer ‘n verkeerslig sien!

Hy verwerf sy matriek deur korrespondensie en sy BA Honneurs in Kommunikasie aan Unisa.

Met sy aftrede was hy werksaam by Evkom—wonder of hy iets te doen gehad het met “load shedding”!!

Willem kom uit ‘n baie hegte en vrolike familie met ‘n ma wat baie humoristies was. Sy pa het altyd gesê “Paulus het gesê jy moet vrolik wees en gesels!” Hy weet nie of daar werklik so ‘n versie in die Bybel is nie, maar hulle het dit uitgeleef.

Willem getuig van ‘n wonderlike lewe wat hy gehad het want al sy drome het waar geword en hy glo jy moet ‘n verskil maak.

19 April 2016, 15h50

Voor my kantoor, op die stoele sit 2 Krone.

‘n Derde Kroon kom verby en sê: “ Dis vandag die 19de.”

Kroon nr 1 voor my deur sê: “So dan is dit vandag die 10de Februarie as dit gister die 9de was.”

Kroon nr 3 sê vererg: “Nou hoe kan dit die 10de wees as dit vandag die 19de is!”

Kroon nr 1 antwoord verontwaardig: “O, ek dag jy sê dis die 9de. Vir wat praat jy dan ook so onduidelik!”

Red; dit is die daaglikse klein jakkalsies waarmee ons te doen kry!