July 2016 Edition 35

h1>die kroon

Nou is ons in die middel van die winter en weereens (1 Tim 1:14) was die genade van ons Here baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Jesus Christus is. The grace of our Lord was poured out on our Crowns abundantly, along with the faith and love that are in Christ Jesus.

Die Algemene Jaarvergadering het goed afgeloop en ons het heerlik gekuier daarna. Groot dank aan ons Direkteure en bestuurspan, maar ook veral aan elke personeellid wat sy/haar werk getrou uitvoer.

Ons Springbokke het die reeks gewen, dus kan ek mos maar vir so ‘n wekie met vakansie gaan!.Tannie Trudie, ek gaan Gwaing besoek en ek hoop jy verlang ook soheentoe. Ek hoop ek word nie weer by Beaufort-wes 24 uur in die sneeu vasgekeer soos die vorige keer nie.

Nietemin, ons Krone moet hulself maar net toegewikkel in jasse warm hou, maar onthou elke Kroon se liefde is baie warmer as daardie jasse.

 

Groetnis/Regards

Wanie (Redakteur/Editor)

Butler

Above: Moira Butler, one of our smallest and quiet residents, was born and bread in Pietermaritzburg where she worked as a secretary after finishing school.

Here she met her husband, who was in the Air Force. After their marriage the Air Force Base in Durban closed down and therefor they were transferred to Cape Town. Their 2 children were born in Cape Town and finished school there.

Her husband retired after 40 years in the Air Force and a few years after that he died of cancer.

Her daughter’s husband was transferred to Pretoria, so she also moved up here. She stayed in Rosendal but after it’s closing down, she became a Crown on 01/12/2012.

Her son is a pilot in the SA Air Force.

She is blessed to have a very supporting daughter and two granddaughters.

Esme den Dulk

Bo: Esme Den Dulk, ons mees berese Kroon. Ja sy het 26 lande deurkruis.

Sy was ‘n nooi Coetzee van Pretoria, een van agt kinders, en het gematrikuleer by Afrikaanse Hoër Meisieskool. Sy het ook 3 jaar in die Kaap skoolgegaan toe haar pa die Hoof van die Speurdiens daar was.

Esme het as tikster begin werk vir die Sosiale & Ekonomiese Planneraad in Pretoria. Sy het vir ‘n jaar in die destydse Rhodesië gaan rondreis. Op 21 kry sy werk by die SAUK in Durban waar sy heerlik deelge-neem het aan toneelstukke.

Sy ontmoet haar toekomstige man by haar 2 Hollandse vriendinne 4 dae voordat sy Holland toe vertrek om ‘n pos in die Afrikaanse afdeling van die Hollandse Radiostasie te gaan beklee. Sy moes daar Holland deurreis om sodoende praatjies te skryf vir die radiostasie en het duimgegooi deur Rome, Switserland, Swede, Denemarke Engeland en Skotland. Hier het sy in jeugherberge tuisgegaan. Sodoende het sy mense leer ken in verskillende lande wat later haar vriende geraak het en wie sy later kon besoek het.

September van die jaar toe sy Holland toe is, kry sy ‘n brief van haar toekomstige man waarin hy haar vra om met hom te trou. In Desember verhuis sy terug na SA en in Julie wat volg trou hulle. Hy was ‘n siviele ingenieur van Durban. Hulle vestig hulle vir 30 jaar in Stanger en in 1954 word Wouter gebore met Adriaan wat in 1961 volg.

Esme en haar man was baie life vir musiek en films en daar in Stanger het hulle 1 keer per maand ‘n film-aand gehou asook ‘n musiekaand.

Hy word egter baie siek en hulle verkoop hul besigheid,en verhuis na Pretoria.Hier werk hy deeltyds by boufirmas en sy by die kunsvereniging en filmbedryf.

Hulle gaan toe met pensioen en trek by Flamingo-woonstelle in. Een Sondagmiddag was hulle in die woonstelblok se swembad waar hy toe ‘n hartaanval kry. Esme bly toe nog ‘n paar jaar alleen waarna sy en haar oorlede suster, Joyce Symington, by Kronendal intrek op 01/09/2004.

Esme, dankie dat jy so ‘n positiewe Kroon is.

Pannekoekbaksters

Bo: Marthie, Christina, Dalene en Esther is die pannekoek-pakkers. Sekere Vrydagoggende is Karin die pannekoekbakster en hierdie dames die pakkers. Ai dit smaak so lekker!

 

Ons gaan see toe

Die hitteduiweltjies dans lustig op die teerpad wat soos n mat voor ons uitrol. Ek en Cecily is op pad see toe en die hitte verswelg ons. Die benaming Moordenaarskaroo  vir hierdie geweste, is gewis gepas!

Ver voor ons is n stippeltjie in die pad en soos ons naderkom, herken ons twee mensefigure wat agter op n bakkie teen die wind en skroeiende son skuil. n Bietjie nader en ons sien n ou oom en tannie wat, ondanks die wind, vriendelik vir ons waai. Die oom se bruingebrande arms en sonverrinneweerde gesig verraai dat hy n boer is of was. Die tannie toon eweneens n lewe wat baie son gesien het en n lyf wat baie kinders gebaar het.

Net voor ons verbysteek, bring die oom n soort plakkaat te voorskyn. In  groot lomp hoofletters staan daar geskryf:

“ ONS GAAN SEE TOE!”

Ons deel in die twee ou mense se opgewondenheid, want ons gaan ook see toe. Terwyl ons voortsnel, wonder ons of hulle dalk lanklaas by die see was, of dalk nog nooit nie. Hoe dit ook al sy,  die vooruitsig van n vakansie by die see, verdryf die sorge van droogtes, misoeste,  versengende hitte. Dis vergete. Hulle jubel dit uit: “ons gaan see toe!”

En ons kry skaam dat klein irritasies ons lewens kan versuur en ons daarvan weerhou om, soos daai ou mense op die bakkie, ons seëninge, soos om elke jaar see toe te kan gaan, uit te basuin.

– Willem Schoombee 9PR