September 2016 Edition 37

Ai dis so jammer, ons het alweer 4 Krone verloor. Sterkte aan hierdie families. Ons het darem weer 4 Krone bygekry. Baie welkom aan hulle. Antoinette Austin was al 2 maande terug op ons nuwe intrekker lys, maar weens omstandighede kon sy nou eers intrek.

Dit lyk vir my ons is al verby Lente en Somer is hier want die dae is so heerlik warm. Net om sulke mooi en wonderlike dae te hê bewys weereens die Genade van Bo wat ons so oorvloediglik ontvang.

“In Sy oorvloed ontvang ons Genade op Genade.”

Mag elke Kroon en  Oumies met haar personeel ook hierdie genade oorvloedig ontvang in September.

Groetnis/Regards

Wanie (Redakteur/Editor)

bekkers

Bo: Tienie en Annette Bekker is die 2 Krone wat ek nooit sonder ‘n glimlag sien nie.

Hulle is in 2003 getroud en het 9 kinders saam uit hul vorige hu-welike.

Tienie is ‘n boorling van Boshoff en het by Evkom gewerk, maar in 1992 met pensioen gegaan. Daarna is hy Teologiese skool toe op Nigel en het in 1995 ge-kwalifiseer as pastoor. Hy het toe gaan berading doen in Amerika by die John McArthur Skool. Terug in ons land het hy saam met sy seun die gemeente in Nigel bedien.

Na sy troue met Annette het hy en sy die Grace-gemeente in Brakpan van grond af begin. In 2007 word hy ernstig siek.

Annette kom van Delareyville en het gekwalifiseer by Pretoria Tegniese Kollege, daarna gaan werk by Kommissarisse van die Staatsdienskommissie. Sy het saam met hulle 6-maandeliks geroteer tussen die Kaap en Pretoria.

Annette is in Februarie 2015 gediagnoseer met Motor-Neuronsiekte.

Hulle is 2 gelukkige Krone vanaf 15/05/2016.

beatrix-pruik

Bo; Kan julle dalk raai wie is hierdie “moderne” dame wat hier in Kronendal nes geskop het?

Sy ‘n jonge ouderdom van “19” (ons jippo dit net so ‘n bietjie) jaar oud, woon nie te hoog in die gebou nie en hou ons personeel op ons tone! Die personeel kan eintlik nie by haar streke byhou nie. Verder hou sy  daarvan om die personeel te voer met pannekoek, maar dis lekker!!

pistorius

Bo: Oom Hendrik, Pistorius,Tannie Gerti en hulle sewe kinders. Sy 99ste verjaarsdag ete by Kleinkaap Boutique Hotel. 29 Augustus 2016

Agter van links na regs –

Henke Pistorius, Arnold Pistorius, Reine Malan, Leo Pistorius.

Voor van links na regs: Theo Pistorius, Oom Hendrik Pistorius, Tannie Gerti Pistorius, Sonia Grobler, Heidi Ernani Drew.