December 2016 Edition 40

Another year has passed and 3 years 3 months since Oumies started here. Now she’s leaving to be the manager of another retirement centre. We wish her all the best and we hope that she’ll be longing for us. There is no other home like Kronendal.

May all of our Crowns and staff have a blessed Christmas and enjoy your loved ones. Those of you who are going away on holiday, please drive carefully and come back home (Kronendal) safely.

May the grace of our Lord be upon each and everyone and may all our Crowns enjoy a healthy 2017.

Ek hoop die Kroon tuisblyers geniet ‘n heerlike Kersete!

 

Kroon– Kersgroete/ Crown Xmas greetings

Wanie (Redakteur/Editor

Bo: Martie Venter is een van ons nuutste Krone. Wat ‘n pragtige mens!

Sy is gebore in Witbank, skool voltooi in Standerton. Hier het sy ook haar eggenoot ontmoet toe hy sy sussie, haar vriendin, by die koshuis kom haal het.Sy het 2 jaar by die Oostelike Transvaalse Ko-op gewerk en is in 1952 getroud. Hulle het geboer in die Heidelberg distrik met Merinoskape en mielies.

Uit die huwelik is 2 seuns en ‘n dogter gebore. Martie het ook 8 kleinkinders en 9 agter kleinkinders.

Hulle het in 1986 afgetree en in 1991 die plaas verkoop waarna hulle in Naboomspruit na‘n aftree-kompleks getrek het.

Haar man is in 2007 oorlede na ‘n siekbed van 4 jaar. Sy het hom self opgepas tot die laaste 4 dae voor sy dood, toe hy in die hospitaal was. Sy het nog vir 8 jaar daar gebly maar het toe na die werklike aftree-oord getrek.

Sy het later siek geword en gelukkig vir ons, word sy toe ’n Kroon vanaf 01/08/2016.

Op die 18de Januarie 2016 word ek opgeneem in die Eugene Marais Hospitaal.

Die longe moes eers gestabiliseer word voor die operasie. Hoekom operasie?

Die diafragma breuk het al groter geword en – – – toe glip die hele maag in die borskas in.

Nou was die hart, longe en maag met slukderm en al saam in ’n noute vasgevang.

Die maag moes terug op sy plek en die breuk moes herstel word.

Op 25 Januarie 2016 word ek in die teater ingestoot. Nou is omdraai verby.

Met die afbring van die maag na sy plek in die buik, skeur my slukderm!

Die toraks-(borskas-) sjirurg moes kom help!

Die slukderm inhoud spoel in die borskas in. Komplikasies volg!

Intensiewe Sorg toe na die operasie! Ek kry longontsteking, ja, die erge longontsteking veroorsaak deur ’n hospitaal verwerfde kiem. Ek word gekoppel aan die ventilasie-masjien wat my asemhaling beheer. Ek kon nie op my eie asemhaal nie en die asemhalingsmasjien moes drie keer teruggesit word voordat ek self kon asem haal. Ek was vir 2 weke in die Intensiewe Eenheid afgewissel met twee dae in Hoë Sorg.

Al hierdie komplikasies saam met die groot operasie … en ek was net 86 jaar oud. Met my verjaarsdag was ek in die Intensiewe Eenheid. Menslik gesproke moes ek nie die operasie oorleef het nie, MAAR daar word gedurig vir my gebid.

Patrick besoek my twee maal per dag, my seuns daagliks en God is die hoorder van julle gebede.

Ek word gedra op gebede na die hemelse troon en op 15 Februarie 2016 (amper ’n maand na opname) word ek ontslaan en bring Patrick my 1ste vloer toe te Kronendal.

Daar was ek vir 3 weke en het die wonderlikste sorg ontvang.

Ek moes weer leer loop want ek was só swak. Met die grootste geduld en toewyding word ek versorg. Julle gebede dra my en onse Heer verhoor julle.

Madder en Mariet, ek kan nie anders as om julle name te noem nie.

My lief-Patrick wat my steeds gedurig versorg, vir jou kan ek net DANKIE sê. Nooit kan ek vergoed vir wat jy vir my beteken nie.

Vir maande was my dieet vloeistof, wat die kombuis (Chris en Annemarie) voorberei het.

Toe word my versappings dieet gevolg met baie fyn kos wat met groot toewyding voorberei word.

Vanaf mid-Oktober 2016 kon ek begin met ‘n gewone bord kos bestaande uit klein porsies.

Dankie vir jul gebede. Moet asseblief nie ophou nie. Ek het dit baie nodig. Daar is nog baie pyn agv die ou skete wat ek nog het.

Dit is nou net minder as ’n jaar gelede wat die drama begin het.

Loof die Heer van alle here wat aan my die lewe teruggegee het want menslik gesproke moes ek dood gewees het.

Wonderwerke gebeur nog en ek is een daarvan.

Groete in Christus.

Helena Fitzgerald.   9HJL   30 Oktober 2016.