November 2016 Edition 39

h1>

Wat ‘n heerlike Lentedag was die 7de Oktober nie! Vroeg oggend was die gees en gesindheid reg. Elkeen was baie oorspronklik met hulle hoede en blomme.

 

To Rian a very hearty thank you for music out of the era of our crowns’ youth. Thank you to Chris, Annemarie, waiters, kitchen staff  and Edward for preparing the meals and for braaiing.

Ons Hemelse Vader is nie vergeet nie met Tienie Bekker wat so mooi die seën gevra het. Wat ‘n wonderlike dag was dit nie. Then sing our Crowns’ souls, our Saviour God to Thee: “How great Thou art!”

 

Kroongroete/ Crown greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

 

On 7/10/2016 Kronendal held its annual Spring Day. Our Crowns were dressed up with colourful clothes and hats with flowers. Left are Patrick en Helena Fitzgerald who won the prize for the most original hats with flowers. Kyk net, op hul tafel was tot roosblare gestrooi. Dis tog te romanties en lief. Bo regs is

Niekie Meyer (2de van regs)en sy het weer soos ’n grasieuse dame gelyk en (2de van links)Suster Sandra se hoed was definitief die grootste! Regs dans Aat en Thea van der Dussen op maat van Rian se musiek.

    

Onder van links na regs:

Rian Booysen (direkteur) maak musiek, Susan Boshoff en Nico van Zyl, Hannetjie Urtel met seun, Rudi, Alta Uys, Madder en Mariet Steyn.

Hierdie Krone het hierdie Lentedag baie geniet.

 

 

Martie Venter van 3K deel graag hierdie waarheid:

Om die woelige kransduiwe op die dak te hoor baljaar

0m ‘n taai kindermondjie af te vee

Om ons skoene na ‘n dag se werk te kan uitskop

Om saam met ‘n vriendin te kan huil

Om die bedkassie aan ons man se kant van die bed te kan regpak

Om die vensters saans te kan toemaak…

WANT

Kransduiwe kan jy net hoor as jy kan hoor;

Daar is taai mondjies waar daar kinders is;

Skoene kan jy slegs uitskop as jy dit besit;

As jy saam met ‘n vriendin huil, ken jy iemand wat jou verstaan

As die bedkassie slordig raak, leef jou man nog;

As jy vensters kan toemaak, woon jy in ‘n huis.

……………………………………………………………

BAIE GROOT DANKIE!

Hiermee wil ek net vir elkeen van die bestuur tot die laaste werknemer baie, baie dankie sê vir al jul simpatie, ondersteunig en gebede met die afsterwe van my eggenoot.

Baie liefde

Suster Meis

(A Meissenheimer)

……………………………………………..